Almal praat oor ‘Splinterglas’


‘n Radiodrama uit die pen van Richard van der Westhuizen, lank weggebêre in sy ‘onderste laai’, het mense vandeesweek behoorlik aan die gons gehad: Marlien Heystek het dit as ‘n “deernisvolle, sensitiewe radiodrama” beskryf en bygevoeg: “Pragtig in elke opsig.” ‘n Engelse luisteraar het geantwoord met “Wow, is all I can say. It’s one of those stories that will stay in my mind forever.”

Die storie wat gaan oor die jong Lynelle, wat sedert haar ouers se egskeiding, weier om weer klavier te speel. Sy en haar ma trek platteland toe, waar op haar ma se aandrang, sy by ‘n afgetrede komponis weer klavierlesse begin neem. Met sy ondersteuning en leiding kry Lynelle dit mettertyd reg om ‘n groot trauma te verwerk.

In hierdie roerende Radioteater hanteer die skrywer ‘n moeilike onderwerp met groot sensitiwiteit.

Johann Nel, Frieda van den Heever, Shirley Ellis, Anrich Herbst, Johan Botha en Pieter van Zyl vertolk die rolle met spelleiding deur Joanie Combrink.

Luister hier na’n potgooi.