Carrie Fisher en Debbie Reynolds: kyk hierdie vermaaklike onderhoud


Carrie Fisher, Debbie Reynolds en Billie Lourd. Foto: Contactmusic.com

Carrie Fisher, die aktrise wat bekend was vir haar rol as Prinses Leia Organa in Star Wars, is dood nadat sy op 23 Desember op ‘n vlug van Londen na Los Angeles ‘n hartstilstand gehad het net voordat die vliegtuig geland het. Sy was 60.

Haar bekende ma, Debbie Fisher is ‘n dag nadat Fisher in die hospitaal dood verklaar is, en terwyl sy besig was met begrafnisreëlings vir haar geliefde dogter, aan ‘n beroerte oorlede.

Hulle sal saam begrawe word.

Fisher is die dogter van die akteurs Debbie Reynolds en Eddie Fisher. Die aankondiging van haar dood is gedoen deur Billie Lourd, haar dogter wat in die TV-reeks Scream Queens te sien is.

Carrie Fisher het jare lank met dwelm- en drankprobleme gesukkel. Sy was in verskeie rehabilitasiesentrums en het ook aan depressie en bipolêre gemoedversteuring gely.

Maar sy het ‘n vlymskerp sin vir humor gehad en dikwels met haarself gespot, soos in die video’s hieronder gesien kan word. Sy het onlangs in ‘n boek bekend gemaak dat sy tydens die verfilming van Star Wars ‘n verhouding met mede-akteur Harrison Ford gehad het.

Die video van ‘n TV-onderhoud was een van die vermaaklikste onderhoude met ‘n Hollywood-ster:

Kyk hierdie openhartige onderhoud met Oprah Winfrey, saam met haar bekende ma Debbie Reynolds, in 2011.

Kyk na haar TV-onderhoud op die Jonathan Ross Show in Maart 2016:

Kyk na TV-onderhoud met Ellen Degeneres in November 2016:

Haar laaste TV-onderhoud was aan die begin van Desember op die Graham Norton Show.