26 Des: Chester Missing op PRAAT SAAM


Dit was ‘n oggend van skerpsinnige uitlatings toe Chester Missing onlangs in ons ateljee in Aucklandpark was vir die opname vir die PRAAT SAAM-program wat op Vrydag, 26 Desember uitgesaai word.

Ja, luisteraars kan hulle regmaak vir ‘n PRAAT SAAM met ‘n ongewone bespreking van die vernaamste nuusgebeure van 2014. Die komediant en buikspreker Conrad Koch en sy handpop, Chester Missing, praat oor komediante se bydrae tot die openbare debat, en lewer ook humoristiese kommentaar op van die gebeure wat vanjaar die nuustoneel oorheers het. Die Afrikaanse YouTube-sensasie, Jonathan van Radio Raps-faam, neem ook aan die gesprek deel.

Chester het vir foto’s geposeer saam met sy ‘baas’ Conrad Koch, en die aanbieder Ivor Price,
Kyk na ‘n voorsmakie van dié prettige program deur hier te klik.

Chester Missing (middel) by Ivor Price (links) en Conrad Koch.

Chester Missing (middel) by Ivor Price (links) en Conrad Koch.

Chester op Conrad se skoot agter die mikrofoon.

Chester op Conrad se skoot agter die mikrofoon.