Brawe mopshond jaag bere


Dinamiet kom in klein pakkies. Jules die mopshond het kans gesien vir twee bruinbere wat maklik vyf keer groter as hy is. Die kordate outjie het vinnig ‘n internet-sensasie geword nadat hy Gouelokkies se maats die hasepad laat kies het.

Die video is deur die huiseienaar se sekuriteitskamera’s geneem. Die bere was op soek na kos aangesien reuse-bosbrande in Kalifornië hulle habitat verwoes het. Jules self kon ‘n happie geword het vir die bere.

Besoek die RSG-webtuiste vir die programrooster.