Luister weer: Ons Lipizzaners


Die Lipizzaners is deel van Suid-Afrika se erfenis. Daar is slegs vier plekke in die wêreld waar jy na die dansende witperde in ‘n vertoning kan kyk.

Een van hulle is hier in Suid-Afrika by die Lipizzaner sentrum in Kyalami.

Luister na ‘n klankgreep om te hoor wat op jou wag:

Die Lipizzaners, ook bekend as die dansende witperde, is ‘n ras met ‘n unieke geskiedenis wat oor eeue heen strek. Dié pronkperde is reeds sedert 1948 in Suid-Afrika en het deur die jare ‘n integrale deel van die land se erfenis geword. Esté Gross het gaan uitvind hoe die pronkperde opgelei word.

Junior ruiter en veearts Dr. Karen Böhme met Pluto Elet. Pluto Elet is veral ‘n uitstekende piaffe perd (om op een plek te staan en draf). Die talent is glo skaars. Pluto Elet sal waarskynlik spesialiseer in die piaffe.

Pluto Elet word ook opgelei met die langteuels.

Pluto Elet word ook opgelei met die langteuels.

Pluto Elet hardloop vry in die arena rond.

Conversano Arva is ‘n seldsame donkerbruin Lipizzaner perd. Die hings is een van die SA Lipizzaner sentrum se spesialis Capriole perde.

Conversano Arva is ‘n seldsame donkerbruin Lipizzaner perd. Die hings is een van die SA Lipizzaner sentrum se spesialis Capriole perde.

 

Junior Ruiter van die SA Lipizzanerspan in SA, Dr. Karen Böhme saam met Pluto Elet in ‘n vertoning. Hier is sy Pocahontas.

Die foto van Pluto Elet word gebruik op die SA Lipizzaner aandenkings soos die T- hemp.

Ruiter in opleiding Uvonique Symmons op die Capriole perd Conversano Arva.

‘n Foto geneem tydens die Pas de Trois in een van die Lipizzaners se kersvertonings. Pluto Elet, is heel links, tesame met hingste Siglavy Arva I en Conversano Cintra. Al drie perde word in dwarssaal, ook genoem damesaals gery.

Die SA Lipizanners, is ‘n nie-winsgewinde organisasie. Ondersteun hulle gerus gaan kyk self na n vertoning. Elke Sondagoggend om 10:30 daar by die sentrum in Kyalami in Midrand, Johannesburg.

Vir meer inligting oor hoe jy die SA Lipizzaners kan ondersteun, betrokke raak, of kaartjies vir n vertoning in die hande kan kry, besoek die webtuiste www.lipizzaners.co.za.