Eerste blokraaitoernooi in SA

Eerste blokraaitoernooi in SA


‘n Eerste vir ‘n Kunstefees – RSG se Blokraaitoernooi

Vir die eerste keer in die geskiedenis van Kunstefeeste in Suid-Afrika gaan ‘n blokraaitoernooi deel van die fees wees. Dit is RSG se Blokraaitoernooi wat as deel van die Vrystaat Kunstefees aangebied gaan word. Die RSG Blokraaitoernooi, in samewerking met XWord en die Dept. Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Vrystaatse Universiteit, is ‘n opwindende nuwe toevoeging tot vanjaar se program by die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein.

12108097_862219753906477_8744309594732363422_nDeelnemers gaan in een lokaal teen mekaar en teen die horlosie meeding om te bepaal wie die eerste RSG BLOKRAAIKAMPIOEN gaan wees.

Daar word 3 uitdunne beplan vir Vrydag 15 Julie, met dan ‘n halfeindronde en ‘n eindstryd op Saterdag 16 Julie. Die toernooi gaan in ‘n groot lesinglokaal op die kampus van die Vrystaatse Universiteit aangebied word. Die inskrywingsgeld van R50 kontant per persoon (wat die gewilde boek “Afriblokkies Blokkiesraaisels” insluit) is betaalbaar op die dag van die uitdunne by die lokaal waar die toernooi aangebied gaan word.

Volledige inligting oor registrasie om deel te neem, die agtergrond, die plek, die presiese tye, pryse, inskrywingsprosedures, ens. is beskikbaar by www.xword.co.za