Ons gaan met Ryk Neethling op Val de Vie kuier


Gesondheid en Styl…dis die tema van RSG se ‘high tea’ buite-uitsending op Woensdag 7 Oktober vanaf The Polo Club Restaurant op die gesogte Val de Vie-landgoed tussen Franschhoek en die Paarl.

Ryk Neethling met perde op die poloveld van Val de Vie. Ryk is bemarkingsdirekteur van Val de Vie

Ryk Neethling met perde op die poloveld van Val de Vie. Ryk is bemarkingsdirekteur van Val de Vie

Hoewel al die plekke binne ‘n dag ná die aankondiging uitverkoop is, kan alle luisteraars steeds oor die lug saamkuier.

Hier is ‘n kans vir alle luisteraars om ook saam te kuier: stuur jou vrae oor gesonde eetgewoontes, Banting, hoe ‘n diabeet moet eet, en ander vrae oor dieet en eetpatrone, aan ons by gesond@rsg.co.za, want dieetkundige Magda Pieters, gaan by die geleentheid vrae oor dieet beantwoord. Dalk trek ons jou vraag uit die hoed!

Kom kuier – op lug – saam met RSG se Martelize Brink, Marí Hudson, aanbieder van Gesondheid op RSG, Ryk Neethling en sy verloofde Sahar Biniaz, Laureen Rossouw, voormalige redakteur van Elle Deco, en kardioloog dr. Suzette Fourie.

Sangers Danie Niehaus en Lynelle Kenned is die gaskunstenaars.

Ons gesels en gee wenke oor interieur, styl, sakesukses, motivering en gesondheid, veral hartgesondheid.

Die Polo Club Restaurant gaan jou laat smul aan allerlei spesiale laat-oggend happies soos salm, frittatas, klein hoenderburgers en patatblinis, om net ‘n paar te noem.

Die groot dag is 7 Oktober met die uitsending van 10:00 – 12:00.

Die stoep van The Polo Club Restaurant met die poloveld en die stalle in die agtergrond.

Die stoep van The Polo Club Restaurant met die poloveld en die stalle in die agtergrond.

As geskenk ontvang elke luisteraar wat die geleentheid bywoon, ‘n bottel Ryk Neethling wyn, geteken deur Ryk self.

As geskenk ontvang elke luisteraar wat die geleentheid bywoon, ‘n bottel Ryk Neethling wyn, geteken deur Ryk self.

Laureen Rossouw, voormalige redakteur van Elle Deco en ontwerp- en interieurkonsultant, is een van die gassprekers. (Foto: Elle Deco)

Laureen Rossouw, voormalige redakteur van Elle Deco en ontwerp- en interieurkonsultant, is een van die gassprekers. (Foto: Elle Deco)

Lynelle Kenned gaan uittreksels uit musiekblyspele en operettes sing.

Lynelle Kenned gaan uittreksels uit musiekblyspele en operettes sing.

 

Meer oor Val de Vie:

So lyk die huise op die Val de Vie landgoed

So lyk die huise op die Val de Vie landgoed

Besoek die webwerf www.valdevie.co.za