Kom kuier saam: ons Valentynsdag-uitsending is in Pretoria


RSG se Valentynsdag buite-uitsending word vanjaar op Valentydsdag – Saterdag 14 Februarie – die eerste keer uit die Jakaradastad gedoen.

Omdat Valentynsdag vanjaar op ‘n Saterdag val, gaan Derrich Gardner sy program BREKFIS MET DERRICH op 14 Februarie vanaf die LA WIIDA LODGE, Centurion uitsaai.  Die ontbyt is van 07:30 af en die radio-uitsending is dan van 09:00 – 11:00.  Die sangers wat gaan saamkuier is Elizma Theron en Thabo Hlongwane, altyd gewild by RSG-luisteraars.

Kom kuier saam. Die buffet-ontbyt en uitsending kos R100 per person en sluit ook ‘n wildsrit in.

Bespreek sommer nou jou plek vir RSG se Valentyns-uitsending by  Tanja by 074 587 4847, want slegs ‘n beperkte aantal sitplekke is beskikbaar.