Vadersdag by Towerbosch te Knorhoek was ‘n wenner


Op Vrydag, 19 Julie het Oggend op RSG (9h00-11h00) met Johan Rademan, Martelize Brink en Haidee Muller regstreeks uit die Towerbosch-restaurant op die Knorhoek-wynlandgoed buite Stellenbosch uitgesaai.

In die program is hulde gebring aan pa’s wat die oog gevang het soos die Van Niekerk broers, James en Hansie en hul seuns Barry en Lance wat deur hul pa en oupa Hannes geinspireer is. Hansie en sy seun Lance, asook musikant Loukmaan Adams en sy musikale pa, Omar “Boeta Maan” Adams was van die spesiale gaste wat ons ontmoet het.

‘n Heerlike allegaartjie-ontbyt wat elke vaderhart sal verbly, is bedien.

Anna Davel was die musikale kompas saam met die Adams-familie.

Baie gereelde RSG luisteraars het saam met RSG ‘n glasie kom klink op pa’s en kinders by die stylvolle oggend aan die vrugbare voetheuwels van die Simonsberg.

817

520

TOWERBOSCH LOUNGE

Vir meer inligting oor Towerbosch, skakel Lize by Towerbosch op 021-865-2958 tussen Woensdae en Sondae.