Ons Valentynsdag-uitsending op Longridge gaan pret wees


Kuier op Valentynsdag saam met Martelize Brink en die Oggend op RSG span op Longridge wynplaas by Stellenbosch. Die uitsending is van 9:00 tot 11:00 op 14 Februarie.

Ons gesels met Riaan en Vasti Munser oor hul avonture en liefde, want hulle het hul wittebrood anders aangepak as enige ander paartjie deur oor die Atlantiese oseaan van Afrika na New York te roei in ‘n piepklein bootjie.

 

Ons gesels ook met sielkundige Stefan Blom (foto links) oor verhoudings.

Ons gesels ook met plaaswerker Beulah Pieterse (foto heel onder) en verskeie ander interessante gaste.

Twee is daar om ons te vermaak. Die sangduo bestaan uit Herman Kleinhans en Maria Rademan (regs)

Hier is die musiekvideo van Ek sweer, deur Twee:

 

Sanger Katlego Maboe (foto onder) is ook ‘n gaskunstenaar.

Jasper Raats (wynmaker) en Beulah Pietersen

Lees meer oor Longridge wynplaas.