Luister na VRYSLAG, Marcel van Heerden se wendrama


Marcel van Heerden se debuut-radiodrama, Vryslag, het in 2013 die RSG Sanlam radiodrama-skryfkompetisie gewen. Dit is steeds as potgooi op RSG se webblad beskikbaar.

Marcel van Heerden, wat met sy debuutdrama die gewilde RSG&Sanlam Radiodramakompetisie vir 2013 gewen het.

Marcel van Heerden, wat met sy debuutdrama die gewilde RSG&Sanlam Radiodramakompetisie vir 2013 gewen het.

Dié stuk handel oor ’n alleen-pa en sukkelende akteur wat spartel om kop bo water te hou en sy tienerseun se skoolgeld te kan betaal.

Die beoordelaars het Vryslag geloof as ’n “baie, baie slim teks” wat die leser (en luisteraar) in trane laat.

“Dit is ’n eietydse drama wat tegnologie ook ten volle benut,” het die beoordelaars gevind. “Dit is veel meer as net ’n ‘goed-voel-storie’ en toon selfs elemente van die moderne feeverhaal.”

In die radio-opvoering onder spelleiding van Leon van Nierop, vertolk Van Heerden die rol van die pa met die jong akteur Jaco Snyman (tans in Ratels) as sy seun.

Luister na Vryslag.

Marcel van Heerden toe hy sy prys vir sy wendrama ontvang het.

Marcel van Heerden toe hy sy prys vir sy wendrama ontvang het.