Sondag 19h40: Michelle Breedt in konsert

Sondag 19h40: Michelle Breedt in konsert


Uitsaaidatum: Sondag 13 November om 19.40
RSG het ‘n groot slag geslaan! Die Suid-Afrikaans-gebore internasionale mezzosopraan Michelle Breedt, het ‘n spesiale konsert vir RSG Kunstefees 2016 gehou. Dit was Sondag 25 September 15.00 by die M1-ateljee by die SAUK in Aucklandpark. Die program het bestaan uit Afrikaanse, Duitse en Engelse lieder gegrond op Shakespeare-gedigte, asook gewilde operette arias.

Michelle was uitstekend begelei deur Elna van der Merwe.
Luister hier na die promo:

mbMeer oor Michelle Breedt
Michelle se suksesvolle internasionale loopbaan as een van Europa se voorste mezzosoprane, het haar al oor die wêreld geneem en na die grootste en bekendste operahuise in die wêreld – van München (waar sy nou professor in musiek is aan die Musiekskool van die Universiteit) tot Zürich, waar sy ‘n tweede woonplek het, van London tot Milaan, van Berlyn tot Houston, van Pole tot Japan, van Finland en Swede tot New York, van Bayreuth tot Shanhai, van Praag tot Parys tot Korea.

Sy het reeds met die wêreld se voorste dirigente gewerk en hoofrolle gesing teenoor Placido Domingo, Thomas Hampson, Piotr Beczala, Diana Damrau, Renee Fleming, Robert Dean Smith, om net enkeles te noem.
Kyk hier na ‘n vimeo van ‘n galakonsert met die KwaZulu-Natal Filharmoniese orkes (KZNPO).

Sy het al verskeie CD’s opgeneem, waaronder volledige operas van Mozart en Wagner.

Die spesiale konsert vir RSG: Agter die skerms

Die program van Michelle se konsert

Die program van Michelle se konsert

Michelle tree toe op in blink tekkies - ‘n pen is twee dae ná die konsert uit haar enkel gehaal, wat sy ‘n jaar vantevore gebreek het.

Michelle tree toe op in blink tekkies – ‘n pen is twee dae ná die konsert uit haar enkel gehaal, wat sy ‘n jaar vantevore gebreek het.

image005

Michelle en Elna

Michelle en Elna

 

Die legendariese operasangeres Emma Renzi, het Michelle se konsert bygewoon.

Die legendariese operasangeres Emma Renzi, het Michelle se konsert bygewoon.

 

ew3_9333

Michelle gesels met Elma Potgieter

Van die luisteraars wat die konsert bygewoon het.

Van die luisteraars wat die konsert bygewoon het.

Michelle in internasionale produksies

Michelle in "Die Passassier' - die rol waarin sy gehore verstom en oorrompel het,

Michelle in “Die Passassier’ – die rol waarin sy gehore verstom en oorrompel het,

Michelle as Fricka in DER RING DER NIBELUNGEN van Richard Wagner, in Bayreuth

Michelle as Fricka in DER RING DER NIBELUNGEN van Richard Wagner, in Bayreuth

Michelle in ‘n produksie van Tristan und Isolde

Michelle in ‘n produksie van Tristan und Isolde in Munchen.

Michelle in Gotterdammerung in Geneve.

Michelle in Gotterdammerung in Geneve.

Michelle tydens die opname van haar Shakespeare album.

Michelle tydens die opname van haar Shakespeare album.

Michelle as Venus in Tannhauser in Bayreuth, 2012

Michelle as Venus in Tannhauser in Bayreuth, 2012

Michelle in Bayreuth

Michelle in Bayreuth

Michelle as Eboli in Don Carlos.

Michelle as Eboli in Don Carlos.

 

Michelle as Octavian in Der Rosenkavalier.

Michelle as Octavian in Der Rosenkavalier, Amsterdam