Jody se Jazz lok baie reaksie


Een van die nuwe programme op RSG is JODY SE KAAPSE JAZZ wat Maandagaande tussen 9:10 en 10:00 op die lug is, lok baie luisteraarsreaksie, veral op sosiale media.

In die program speel Jody nie tradionele jazz musiek nie, maar wel liedjies wat gewild is in Kaaspe dansklubs en mettertyd het die dansvorm ook  na ander dele van die land uitgebrei.

Jody het ook sosiale media ‘n belangrike deel van die program gemaak. Hy gebruik sy  Facebook, Twitter en Instagram profiel om sy meer as 3500 volgers wat nie “tradionele” RSG luisteraars is nie, aan te moedig om na die program te luister en ook inligting en terugvoering met hulle te deel.

Baie bekende persoonlikhede het ook al hul volgers aangemoedig om na sy program te luister.

Hy twiet ook elke week sy afskopliedjie se musiekvideo waar luisteraars op sy Twitter en Facebook profiel na die video kan gaan kyk. Dan het hy ook videos van “Hoe om te Jazz” op sy sosiale netwerke geplaas.

Só het ons op 30 Januarie oor Jody se program berig:

JODY SE JAZZ  is ‘n nuwe musiekprogram wat pas afgeskop het. In hierdie reeks, wat vir 11 weke op Maandae tussen 9 en 10 uur saans op RSG 100-104 FM uitgesaai word, word daar gefokus op Kaapse jazz, maar jy kan ook na van die wêreld se voorste jazz-musikante luister.

Jody Hendricks op sy stukke: agter die mikrofoon in Aucklandpark

Jody Hendricks op sy stukke: agter die mikrofoon in Aucklandpark

Van die kunstenaars waarna jy kan uitsien op JODY SE JAZZ is George Benson, Jonathan Butler en Earth Wind and Fire, om slegs ‘n paar te noem.

Die nuwe program word saamgestel en aangebied deur Jody Hendricks en hy gaan ook sosiale media deel maak van die op-lug program.  Dit gebeur deur video’s en inligting te twiet en op rsg.co.za te plaas.

Skakel in op JODY SE JAZZ Maandagaande tussen 9 en 10, want die ding gaan ruk, mense. – Jody Hendricks.