Nuwe vervolgverhaal: Seespinnekop Steyn terug in ‘Blindekol’


Die baasspioen, Seespinneskop Johan Steyn, moet vir ‘n wyle van sy aftrede vergeet wanneer hy teruggeroep word om ‘n groep skelms en spioene te laat les opsê. Steyn is terug in RSG se nuwe middagvervolgverhaal, Blindekol, wat van Maandag 9 Maart op weekdae om 14:45 op RSG uitgesaai word.

Blindekol is die opvolg van Seespinnekop, wat luisteraars in 2013 gaande gehad het. Die skrywer is André Kotzé met spelleiding deur Bettie Kemp.

Hierdie keer is dit internasionale spioene wat probeer om die geheime Projek Blindekol van die lugmag te kelder. Terwyl Majoor Blikkies Blignault besig is met die toets en ontwikkeling van ‘n nuwe onbemande vliegtuig, daag daar ‘n beeldskone besoeker op. Linda is ‘n slimkop wat navorsing doen oor visarende, maar sy vra ook vir afrigting in “kite-surfing” by Struisbaai.

Toevallig is Blikkies die gekwalifiseerde afrigter wat haar kan help, en dit lyk asof Linda in die botter geval het.  Sy hou egter nie rekening met Johan en Christine en die moontlikheid van liefde wat ‘n stok in die wiel kan steek nie.

Die spelers sluit in Magda van Biljon, Francois Stemmet, Lochner de Kock, André Stolz, Duncan Johnson en die nuweling Nita de Villiers.

Lochner de Kock