Oppiwater kunstefees in April 2022 na Mosambiek se Pomene


Die MSC Orchestra

Vir die agtste keer gaan RSG en Lefra se Kunsskippie weer vaar en gaan ons feesgangers heerlik fees hou aan boord die luukse MSC Orchestra vanaf 4-8 April 2022.

Ons vaar vanaf Durban na Mosambiek se mooie Pomene.

Amore Bekker

RSG-omroepers Amore Bekker, Derrich Gardner en Johan Rademan gaan hierdie Oppiwater meemaak en is jou gashere en -vrou vir die Oppiwater 2022!

Die Oppiwater Kunstefees spog met teater, toneel, komedie, sang, musiek en dans en is die ideale manier om ‘n Kunstefees by te woon, want jou kos en verblyf is reeds by die prys ingesluit!

Die Oppiwater-fooi gee jou toegang tot die Oppiwater Kunstefees, maar dit sluit GEEN kaartjies na produksies in nie.

Derrich Gardner

Met jou Oppiwater-fooi, kry jy wel gesubsidieerde en

Johan Rademan

goedkoper kaartjies (van R20.00 tot R95.00 per kaartjie in teenstelling met kommersiële kaartjies van R160.00 tot R250.00). Kaartjies vir die verskillende produksies moet apart bespreek word by www.ltickets.co.za

Die Feesprogram vir hierdie vaart word op 1 November 2021 bekendgestel, en van die voorste produksies en kunstenaars in die land is reeds bevestig. Ons kan egter reeds ‘n paar lekker produksies bevestig soos Sandra Prinsloo se KAMPHOER, daar is die klug, MY VROU SE MAN SE VROU, Wynand van Vollenstee se GROET DIE GROTMAN 2 en vele meer.

Elke middag om 17:00 kan feesgangers die sterre ontmoet in die Disco met ONTMOET DIE KUNSTENAARS, daar is ons groot dekpartytjie, wynproe, mengeldrankies en pret en plesier!

Besprekings kan gedoen word by www.oppiwater.co.za of by (011) 815 3000.

Die direkte skakel vir besprekings is  as volg: https://www.emailmeform.com/builder/form/0f1BoJ06jh1gdq

Vir meer inligting, kontak Monica Booysen by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com

Een van die auditoriums

Die vleuelklavier op die boot