Portret van Tobie Cronjé: Luister vanaand


Donderdagaande, om 20:30 doen Margot Luyt ‘n reeks oor bekende legendes in die vermaaklikheidswêreld, veral toneel.

Ons het vele kunstenaars wat applous verdien vir hulle bydrae tot die toneel-, radio-, rolprent en televisiebedryf, maar van wie ons so maklik vergeet. In die reeks Portret van … gooi ons die kollig bietjie op daardie mense.

Episode #11 – 23  Maart   2017: Tobie Cronjé

Inligting uit Wikipedia:

Tobie Cronjé is ‘n Afrikaanse akteur (verhoog, TV en rolprent). Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Daarna het hy vir ‘n motorversekering-maatskappy gewerk en musieklesse gegee. Hy maak sy debuut in die rolprent Die Sersant en die Tiger Moth.

Rolprente (as akteur):

TV-reekse (as akteur):

  • Binneland, KykNET as Kallie Koster
  • Egoli: Plek van Goud, KykNET, 2001–2002 as Pietie
  • Auf Achse as Aussichtsloses Rennen (1983)
  • Koöperasiestories, 1983 as Josef
  • Amalia, KykNET as Sakkie Olwage
  • Willem, SAUK as die deurmekaar speurder
  • Die avonture van Joachim Verwey, Sonneblom, 1987

Agtergrond-inligting oor Portret van …
Margot skryf:
”RSG bied tans ‘n reeks aan oor ons sterre van die radio-, toneel- , rolprent- en televisiebedryf.  Ons noem die reeks Portret van …

Ek is bevoorreg genoeg om van 1965 af nou betrokke te wees by hierdie wêrelde. Ek ken die meeste van ons ikone persoonlik en het dikwels met hulle saamgewerk as speler en regisseur. Ek is ook gelukkig genoeg om baie van hierdie mense goeie vriende te mag noem.

Ek gaan nou oor dertien van hierdie mense elke week tot einde Maart ‘n klankportret maak. Dit word tans Donderdagaande 20:30 op RSG uitgesaai.

Ons het die afgelope paar jare heelparty dokumentêre oor van ons grotes gemaak en gaan nou eers fokus op dié wat nog nie ‘n kans gekry het nie. Die portrette gaan onder andere oor Cobus Rossouw, Katinka Heyns, André Rossouw, Sandra Kotzé, Petru en Carel Trichardt, Ivan Abrahams en Johan van Jaarsveld.

Hierdie programme is ook op Potgooi beskikbaar.

Episodes wat wag

Episode #12 – 23   Maart  2017 :  Nic de Jager

Episode #13 – 30   Maart  2017: Monica Breedt

 

Vorige episodes

Episode #1 – 5 Januarie 2017
Die beginjare van die Afrikaanse toneel soos vertel deur  Cobus Rossouw (foto regs) wat sy loopbaan by die NTO (Nasionale toneelorganisasie ) begin het.

Hy vertel boeiend van sy ervarings as jong speler saam met mense soos André Huguenot, Anna Neethling Pohl en ander.

Luister hier na die volledige program.

Lees meer oor Cobus Rossouw.

Hier is ‘n video van ‘n onderhoud wat Pasella in 2013 met hulle gevoer het:

Episode #2 – 12 Januarie 2017
Margot gesels verder met Cobus Rossouw.
Luister hier na die program.

Episode #3 – 19 Januarie 2017: André Rossouw

Donderdagaand 19 Januarie gooi ons die kollig op André Rossouw, een van die mees geliefde spelers in Afrikaans. In die rolprent Fiela se Kind het hy die rol van Elias gespeel en in Vallei van Sluiers was hy die gewilde oom Boytjie. Hy het diep spore getrap in die televisie-, rolprent-, verhoog en radiowêreld en is onlangs weer op radio gehoor in ‘n briljante vertolking as Salieri in Amadeus.

”Ek het die eerste keer in 1982 saam met André Rossouw gewerk. Ek as regisseur en hy as speler. Deur die baie jare en na ‘n menigte produksies het my respek vir hom as mens en speler net gegroei. Daar was altyd ‘n baie stout jong seun in hom; daardie seun is steeds daar, hoewel hy nou die groot 8 verby geskiet het,” skryf Margot.

Luister hier na die program.

 
Episode #4 – 26 Januarie 2017: Carel Trichardt en Petru Wessels

Margot kyk in hierdie episode na die lewe en werk vam die akteurs-egpaar Carel Trichardt en Petru Wessels.

Luister hier na ‘n klankgreep uit die program:

Luister hier na die volledige program.

Episode #5 – 02 Feb 2017: Katinka Heyns
Katinka Heyns (1947-) is ‘n belangrike rolprentvervaardiger, regisseur en ook aktrise. Sy stig haar eie maatskappy, Sonneblom Films in 1974. In 1978 tree sy in die huwelik met die skrywer Chris Barnard.

Luister hier na die volledige program.

Hier is ‘n video van onderhoud wat gedoen is met die uitreiking van Die Wonderwerker.

Hier is ‘n onderhoud wat in 2013 op Bravo uitgesaai is:

Episode #6 – 16 Feb 2017 : Ivan Abrahams

Ivan Abrahams is nie net bekend vir sy werk in die teater nie, maar ook in televisie-reekse soos in die dramareeks Orion. Hy was ook te sien in Stray Bullet, The Game en Generations, Heartline en Forced Love, om enkeles te noem.

Abrahams het sy B-graad in Kunste aan die Universiteit van Kaapstad verwerf en ook ‘n British Theatre Association kursus in toneelspel en regie voltooi.

Sy teaterwerk sluit in A Midsummer Night’s Dream, The Tempest, King Lear, Macbeth, Anthony en Cleopatra en Kanna hy kô hystoe.

Abrahams het in 2000 ‘n FNB Vita toekenning ontvang as beste akteur in ‘n hoofrol in SUIP.

Luister hier na die program.


Episode #7 – 23 Feb 2017 : Wilna Snyman
Daar is bykans nie ‘n Suid-Afrikaner wat haar nie ken as Madel van Sewende Laan nie. Maar Wilna Snyman is sekerlik een van Suid-Afrika se grootste Afrikaanse aktrises van die verhoog en die kassie.

Luister hier na die program.

Wilna saam met Antoinette Kellermann in Klaas Vakie, een van die laaste verhoogproduksies waarin sy gespeel het.

Wilna Snyman (foto links) is op 14 September 1935 op Kimberley gebore en nou 81 jaar oud.

Ná haar stryd teen borskanker tree sy ook gereeld op as motiveringspreker vir KANSA en ander organisasies. In 2006 publiseer sy haar outobiografie, genaamd “Memoires”.

In 1984 ontvang Snyman die Erepenning vir Verhoogkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Snyman woon tans in ‘n aftreeoord in Hermanus en sy “baklei dat dit vrek teen die Alzheimer-siekte wat haar in die donker bekruip”, sê Wilna Snyman. ‘Maar die geveg raak moeiliker, listiger,’ het sy in ‘n onderhoud in Rooi Rose gesê.

Episode #8 –  02 Maart   2017:  Reza de Wet
Episode #9 – 09 Maart 2017: Louis van Niekerk

Louis van Niekerk (geb. 27 Junie 1935) is ’n Afrikaanse verhoog-, rolprent- en TV-akteur en ’n teaterregisseur.

Van Niekerk het op 12-jarige ouderdom begin toneelspeel. Sy eerste rol was in Babs Laker se Ek onthou vir Mamma.[1] Hy het as ’n vryskutakteur gewerk totdat hy in 1965 by die Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste (Truk) aangesluit het. Hy het ’n diep stem en sterk verhoogpersoonlikheid gehad en diep spore by Truk getrap.[2] Van sy bekendste rolle was Dogoman in P.G. du Plessis se Nag van Legio, Mattewis in Mikro se Mattewis en Meraai en Giel in Du Plessis se Siener in die Suburbs. In 1975 het hy die titelrol gespeel in François Swart se Afrikaanse produksie van Othello, ook met Sandra Prinsloo en Marius Weyers.

Omstreeks 1978 was Van Niekerk Truk se toneelhoof. In die 1980’s het hy Truk se artistieke direkteur geword. Hy het die regie van omtrent 25 stukke behartig en was oor die verloop van 33 jaar betrokke by meer as 200 produksies vir Truk, waar hy vier merietetoekennings ontvang het.[1] Van die talle toneelstukke wat hy geregisseer het, is Kanna Hy Kô Hystoe, Die Vader, Die Dagboek van Anne Frank, Chris Barnard se Die Swanesang van Majoor Sommer en Shakespeare se Die Koopman van Venesië.

Van Niekerk het ook talle TV-rolle vertolk, onder meer in Amalia, Die Vierde Kabinet, Fees van die Ongenooides, Getroud met Rugby, Agter Elke Man en Grondbaronne.

In 1990 is hy vereer met die Erepenning vir Toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en het hy ook die Gerhard Beukes-prys ontvang. In 2005 het hy die Afrikoon-toekenning van die ATKV en die Naledi-prys vir lewenslange bydrae tot teater gewen. In 2012 het hy ’n Fiesta-prys gekry vir sy lewenslange bydrae tot die teater.

Hy het tot einde Augustus 2009 as toesighoudende vervaardiger van Egoli gewerk en is tans voorsitter van die Teaterbystandsfonds.

Van Niekerk was getroud met Lettie Scheepers. Sy is in 1983 oorlede.

Episode #10 – 16 Maart 201 7: Sandra Kotze

Sandra Kotzé is ‘n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy is in 1965 met Cobus Rossouw getroud. Hulle het drie kinders, Wilmien, ‘n TV-regisseur, Cobus, ‘n regisseur, en Susan, ‘n rolverdelingsregisseur.
Sy het in die volgende films opgetree: