RSG Kunstefees


As ons enige selfbeheersing gehad het sou ons nie nou al verklap het hoe opwindend die opkomende RSG Kunstefees gaan wees nie. Kunstenaars soos Nataniël en Louis van Niekerk het reeds ‘n voorsmaak gegee van wat kom maar kyk gerus na die program hieronder en maak tyd vir hierdie gehalte optredes:

MAANDAG 10 November 2014

17:00 Nuus

17:15 RSG Sport (vroeër)

17:30 Hersiening (vroeër)

18:00 Nuus

18:05 Weer

18:15 Geldsake (vroeër)

18:45 Boekvoorlesing

18:50 Aandgedagte (vroeër)

18:55 Nuus (vroeër)

19:00 Die Ploeters kom aarde toe (Teks en regie: Renske Jacobs) ‘n Splinternuwe kinderreeks

19:10 Op pad (Anton Tsjechof, toneel)

“Die lewe kan ‘n mens soms so bolmakiesie laat slaan. Jy kan net reddeloos toekyk en jou oë toeknyp.” ‘n Verwerking van ‘n kortverhaal, Op pad, deur die Russiese dramaturg, Anton Tsjechof. Met Grethe Fox, Gerard Rudolf, Rolanda Marais, Jacques Bessenger en Danielle Retief. Regie: André Stolz.

19:50 Binnekort – Carien Smith

20:00 My mense deur Dot Serfontein met Antoinette Kellerman (toneel)

“Uit die keur van Serfontein se werke neem Kellerman jou met deernis terug na die skrywer se kosbare beskrywings van haar ouers, haar soms eksentrieke Serfontein-familie en haar jare op die plaas as jong kind en later as joernalis, getroude vrou, versorgende moeder en ouerwordende dame. Lekker aardse koekemakranka-kosgoed vir die siel,” skryf Nico Luwes.

Saamgestel deur Juanita Swanepoel. Regie: Juanita Swanepoel en Eben Cruywagen

21:00 Nuus en temperature

21:10 June van Merch gesels – Johan Rademan (onderhoud)

21:30 Katriena! Deur Riana Scheepers. Met June van Merch

Katriena is ‘n onvergeetlike karakter uit die pen van Riana Scheepers en in hierdie keur uit haar “kombuisverhale” gaan ‘n ieder en ‘n elk skaterlag.

21:50 Laataand-komedie met die komediant Mark Banks

22:00 Kunste-Tjil – Jody Hendricks

Storietyd, Kinderhoekie, Ratels, Tempo en Liedjieboer Rumoer staan oor

 

DINSDAG 11 November 2014

08:00 Kunstefees-klets: Is daar nepotisme in die kunste? Baantjies vir boeties?

09:00 tot 11:00 Kunste-kuier (met Mark Banks, Shimmy Isaacs, Liewe Heksie)

14:00 Kunstefees-klets: Gaan mense nog feeste toe? Wat geniet jy?

17:00 Nuus

17:15 RSG Sport (vroeër)

17:30 Hersiening (vroeër)

18:00 Nuus

18:05 Weer

18:15 Geldsake (vroeër)

18:45 Boekvoorlesing

18:50 Aandgedagte (vroeër)

18:55 Nuus (vroeër)

19:00 Die Ploeters kom aarde toe (Teks en regie: Renske Jacobs)

19:10 Stillewe – Christelle Webb-Joubert

Leer hoe om ‘n stillewe te teken. Ontdek en ontwikkel jou innerlike kunstenaar.

20:00 2 tot 16 in 80 minute (musiek) Regstreeks vanuit die M1-ateljee

Hoe klink dit as 80 vingers Ravel se Bolero aanpak? Altesame 8 pianiste op 4 konsert-vleuelklaviere met selfs ‘n porsie tradisionele Afrikaanse musiek. Met Wessel van Wyk, Willem de Beer, Leatitia Orlandi, Bart Joubert, Paul Ferreira, Brian Bae, John Theodore en Annalien Ball.

21:20 Nuus en temperature (later)

21:30 Die euwels van tabak (Anton Tsjechof) met Tobie Cronjé (toneel)

‘n Middeljarige word deur sy dominerende vrou aangesê om ‘n lesing oor die euwels van tabak aan te bied. Die lesing verloop egter nie soos beplan nie. Regie: André Stolz

21:50 Die vrese van Bennie Wessels – Corné Koegelenberg (voorgelees deur Dean John Smith)

22:10 Kunste-Tjil – Anna-Retha Bouwer

Takalani Sesame, RSG Kuns, Vers en klank asook Kortom staan oor

 

WOENSDAG 12 November 2014

08:00 Kunstefees-klets: Kunste-joernalistiek in Afrikaans – is die einde in sig?

09:00 tot 11:00 Kunste-kuier (met Mark Banks, Shimmy Isaacs, Liewe Heksie)

14:00 Kunstefees-klets: Lê ons kunste nou in die vlak water? Het ons smaak vervlak? Is als nou net kits, vinnig en oppervlakking? Wat het van ons aandagspan geword?

 17:00 Nuus

17:15 RSG Sport (vroeër)

17:30 Befonk (vroeër)

18:00 Nuus

18:05 Weer

18:15 Geldsake (vroeër)

18:45 Boekvoorlesing

18:50 Aandgedagte (vroeër)

18:55 Nuus (vroeër)

19:00 Die Ploeters kom aarde toe (Teks en regie: Renske Jacobs)

19:10 Ella se perde deur Charles J. Fourie (radiodrama)

Dié bekroonde toneelstuk is spesiaal vir die radio verwerk en handel oor die “perdevrou van die Overberg”, Ella Gordon Dove Colston. ‘n Legende van die Hemel-en- Aarde-vallei kry hier roerend nuwe lewe.

20:00 Nataniël vertel… (storie-konsert) Altesame agt van Nataniël se heel beste stories van die afgelope sowat 27 jaar word hier voor ‘n ateljee-gehoor afgestof. Humor op sy heel beste!

21:30 Nuus en temperature (later)

21:40 Opperman 100: Denker en digter (woordkuns)
Nagevors, saamgestel en aangebied deur Lina Spies. Met Nic de Jager en Sue Pyler

22:15 Teerling 4: O hel! deur PG du Plessis (toneel)

Met Deon Lotz en Rolanda Marais. Regie: Johan Rademan

22:35 Nuus

Storietyd, Kinderhoekie, Skrywers en boeke, Dis klassiek asook Tjil staan oor

 

DONDERDAG 13 November 2014

08:00 Kunstefees-klets: Bestaan daar ‘n nasionale kunstebedryf? Of het die kunstefees-kringloop ‘n aantal streeksfeeste geskep, sonder ‘n nasionale “bedryf”? Hoe bevoordeel of benadeel dit kunstenaars?

09:00 tot 11:00 Kunste-kuier (met Mark Banks, Shimmy Isaacs, Liewe Heksie)

14:00 Kunstefees-klets: Hoekom is Shakespeare so tydloos? Wat omtrent sy werk maak dit so universeel? (Koning Lear is deur Uys Krige in Afrikaans vertaal. Die uitdagings van so ‘n werk.)

17:00 Nuus

17:15 RSG Sport (vroeër)

17:30 Hersiening (vroeër)

18:00 Nuus

18:05 Weer

18:15 Geldsake (vroeër)

18:45 Boekvoorlesing

18:50 Aandgedagte (vroeër)

18:55 Nuus (vroeër)

19:00 Die Ploeters kom aarde toe (Teks en regie: Renske Jacobs)

19:10 Die woordketting – Ilse Salzwedel met die digters Philip de Vos, Diana Ferrus en Andries Bezuidenhout en Elize Cawood as spesiale gas

20:00 Koning Lear deur William Shakespeare (vertaal deur Uys Krige)

Met Louis van Niekerk as Lear, Lochner de Kock as die nar, asook Richard van der Westhuizen, Anton Dekker, André Stolz, Wilhelm van der Walt, Melt Sieberhagen, Sulette Thompson, Heidi Mollentze, Lelia Etsebeth, Morné Coetzer, Marcel van Heerden, Henk Hugo en Duncan Johnson

22:00 Nuus en temperature (later)

22:10 Lettie se verlies – Elani Venter (voorgelees deur Kim Heynes)

22:20 Kunste-Tjil – Hemelbesem

Takalani Sesame, Musiekbonbons staan oor

 

VRYDAG 14 November 2014

08:00 Kunstefees-klets: Twintig jaar van demokrasie – hoe het die kunste die afgelope twee dekades verander? Al dan nie?

09:00 tot 11:00 Kunste-kuier (met Mark Banks, Shimmy Isaacs, Liewe Heksie)

14:00 Kunstefees-klets: Gesprek met die kunstenaars van “Die Afrika in Afrikaans” = Anna Davel, Gloria Bosman en Timothy Moloi

17:00 Nuus

17:15 RSG Sport (vroeër)

17:30 Befonk (vroeër)

18:00 Nuus

18:05 Weer

18:15 Geldsake (vroeër)

18:45 Boekvoorlesing

18:50 Aandgedagte (vroeër)

18:55 Nuus (vroeër)

19:00 Die Ploeters kom aarde toe (Teks en regie: Renske Jacobs)

19:10 Mede-wete: Antjie Krog eksklusief in gesprek met Susanne Beyers (woordkuns)

Krog lees verse uit haar eerste bundel in agt jaar, Mede-wete, en gesels oor ma- en ouma-wees, kos, kreatiwiteit, die grond in elkeen van ons, mede-menslikheid en hoe om woede te verskans.

20:00 Die Afrika in Afrikaans met Gloria Bosman, Anna Davel en Timothy Moloi o.l.v. Janine Neethling (musiek) Regstreeks vanuit die M1-ateljee

‘n Ritmiese en musikale sinergie tussen Afrika en Afrikaans met ‘n gerf immergroen liedjies en melodieë

21:30 Nuus en temperature (later)

21:40 Stilte

‘n Groep kunstenaars het geskenkbewyse met vyf minute se stilte ontvang. Kom luister hoe die verbeelding op galop gaan en hoe die stilte verdryf word… Met Die Heuwels Fantasties, Loit Sôls, Les Javan, Eduard Greyling, Braam du Toit, Jitsvinger, Zanta Hofmeyr en Kirby van der Merwe

22:30 Kunste-Tjil – Christelle van Tonder

Storietyd, Kinderhoekie, OppiRadio en Musiek sonder grense staan oor