Trevor Noah se TV debuut


Trevor Noah het gisteraand sy groot internasionale deurbraak gemaak as aanbieder van die Daily Show – ‘n satiriese nuusprogram op die Comedy Central kanaal (kanaal 122 op DSTV). Noah het sedert 2014 gereeld opgetree op die Daily Show en in Maart vanjaar is aangekondig dat hy die nuwe aanbieder gaan wees nadat die vorige aanbieder Jon Stewart afgetree het.

Vir die grootliks Amerikaanse gehoor is Noah ‘n relatiewe obskure komediant. Maar dit het gelyk of hulle sy grappies en kwinkslae (dikwels oor Suid-Afrika) geniet.

Noah het op 18 sy debuut as akteur gemaak in Isidingo. Hy het verskeie programme op SABC aangebied en het sy kletsprogram op YFM gehad. In 2010 was hy te siene in Cell C-advertensie se advertensieveldtogte vir wie hy die segsman en handelsmerk-verteenwoordiger was.

Trevor het groot skoene om te vul, maar sover lyk dit darem of Noah die gehore sal trek.

Bron: Wikipedia