Ai daai Japanese!


Na Saterdag se oorwinning oor die Bokke is Japan op almal se lippe. Dis dan met ‘n mate van ‘schandefreude’ wat ons julle aandag moet vestig op hierdie insident laasweek in die Japanese parlement waar Diet-lede diskoers tot ‘n nuwe vlak geneem met ‘n geveg oor, wag hiervoor, pacifisme. Klik hier vir meer kiekies.

Sulke gebeure lig mens se gemoed in hierdie donker dae waar selfs die optimiste onder ons soms mismoedig raak oor die stand van ons demokrasie plaaslik. In die belang van regverdigheid moet ons uitwys dat dinge maklik verkeerd loop wanneer politici betrokke is – met dié insident in die Taiwanese parlement wat ‘n ere-vermelding verdien.

Dit vat egter niks weg van die Japanese oorwinning oor die Bokke nie – welgedaan!