Die Verdwyning van Mina Afrika


Simoné Benjamin

Simoné Benjamin

Die verhaal van die Verdwyning van Mina Afrika

Op ‘n winterdag in 1945 ontferm ‘n kinderlose blanke egpaar, Sara en Erik de Graaff, hulle oor ‘n driejarige halwe weeskind – Mina Afrika. Hulle wil haar graag ‘n kans in die lewe gee, haar fyn opvoed.

Die wyse, bejaarde Tietser Meraai wat ‘n lewenslange verbintenis met die De Graaff-familie het, konfronteer Sara op ‘n dag en vra haar: “Vir watter wêreld wil jy Mina grootmaak?” want vir ‘n bruin plaaskind van die Vallei was daar beslis nie plek in ‘n wit huishouding nie. En Mina bemoedig sy deur te benadruk: “Sorg dat jy altyd jou kop hoog kan hou.”

Wanneer die onskuldige, beeldskone Mina egter deur die toedoen van ‘n ryk, arrogante witmanskind voel dat sy nie meer haar kop hoog kan hou nie, vlug sy weg van alles wat vir haar bekend en dierbaar is. Beleef sy eindelose vernedering in Groenpunt en trotseer sy lewensgevaar in Distrik Ses. Maar haar passie vir die lewe en haar geliefde Vallei lei haar oplaas terug op ‘n pad van versoening en herstel.

Die verdwyning van Mina Afrika was Zuretha Roos se debuutroman en is ‘n verhaal vol menslike deernis wat vir RSG verwerk is deur Eben Cruywagen, regisseur van die gewilde Katryn: Vrou van die Richtersveld, wat ook op RSG uitgesaai is. Die storie het ‘n sterk rolverdeling met onder andere Anrich Herbst, Susanne Beyers, Simone Benjamin, Frieda van den Heever, Shirley Ellis, Elanza Swart, Marvin-Lee Beukes, Jill Levenburg en Wessel Pretorius.

 Die tuiskoms van Mina Afrika, wat deur Margot Luyt, bekroonde veteraanregisseur, in Kaapstad opgevoer is.