Nastergal: ons nuwe aksiebelaaide vervolgverhaal begin Donderdag

Nastergal: ons nuwe aksiebelaaide vervolgverhaal begin Donderdag


RSG se nuwe middag-vervolgverhaal, ‘Nastergal’, begin op Donderdag 30 Junie om 14:45.

Aksie, liefde, spanning en natuurlik humor, en alles draai om ‘n skaars, groot blou diamant wat by die R100 miljoen werd is. Jy gaan dit alles vind in die nuwe RSG-vervolgverhaal, Nastergal.

‘n Pa wat sy lewe lank probeer om uit die tronk te kom, moet nou by een inbreek. ‘n Seun wat sy lewe lank probeer om uit die tronk te bly, is nou in een vasgevang. ’n Aksiebelaaide dramareeks met unieke, uiteenlopende karakters waarin onmoontlike verhoudings seëvier. Dit is die nuwe RSG-vervolgverhaal, Nastergal, uit die pen van Anton Treurnich.

Die storie
Lennon van Rensburg is ‘n diamantduiker. Sy laaste dag op die seebodem lewer ‘n groot verrassing op. Hy ontdek ‘n blou diamant (30+ karaat, skaars en baie gesog) met ‘n waarde van by die R100 miljoen. Die diamant raak die spilpunt waarom almal op die kleindorpie se lewens begin draai.

Dit is die rowwe see, droë landskap en al ewig waaiende wind wat die mense nader aan mekaar bring. Hulle het net mekaar, die res van die wêreld het van hulle vergeet.

Die skrywer
antonTreurnich
Anton Treurnich is bekend aan RSG-luisteraars vir onder andere sy gewilde middagstorie, Vloek van die rooigety, asook Van Hings en die Suiderkruis. Hy was ook die skrywer van die jeugdrama, Ons het gees, wat tydens RSG Kunstefees 2015 uitgesaai is.

Die spelers
Die rol van Lennon van Rensburg word deur Pierre Nelson vertolk. Nelson was vroeër vanjaar te hoor in Zenobia Kock se bekroonde radiodrama, Die nag van die wyses.

Die ander spelers sluit in Zenobia Kloppers, Johan Stassen, Leandé Valentyn, Susanne Beyers, Neels Coetzee, Martelize Kolver, Cintaine Schutte, Andre Samuels, Karli Heine, Charlton George, Dean John Smith en Hannah Borthwick.

Martelize Kolver kan as Amanda gehoor word in Nastergal op RSG.

Martelize Kolver kan as Amanda gehoor word in Nastergal op RSG.

Pierre Nelson is Lennon van Rensburg in Nastergal.

Pierre Nelson is Lennon van Rensburg in Nastergal.

5077: Charlton George en Neels Coetzee in Nastergal.

Charlton George (voor) en Neels Coetzee in Nastergal.

Zenobia Kloppers vertolk die rol van Rachel in Nastergal.

Zenobia Kloppers vertolk die rol van Rachel in Nastergal.

Neels Coetzee vertolk die rol van Sweis in Nastergal.

Neels Coetzee vertolk die rol van Sweis in Nastergal.

Charlton George en Neels Coetzee in Nastergal.

Charlton George en Neels Coetzee in Nastergal.

Die foto’s in die ateljee is geneem deur Zenobia Kloppers.

Die regisseur
Die regisseur is Joanie Combrink.

Die tegniese regisseur Cassi Lowers en die regisseur Joanie Combrink met die opname van Nastergal

Die tegniese regisseur Cassi Lowers en die regisseur Joanie Combrink met die opname van Nastergal