Nuwe middagvervolgverhaal: Duikerbaai se dinge

Nuwe middagvervolgverhaal: Duikerbaai se dinge


RSG se nuwe Middagvervolgverhaal Duikerbaai se dinge deur André Kotzé begin op Donderdag 22 September om 14:45. Christelle Webb-Joubert is die regisseur. Verwag baie drama, menslike gebeure, intrige en lief en leed.

Die rolverdeling is sterbelaai met onder andere Dawid Minnaar, Gérard Rudolf, Rika Sennet, Magda van Biljon, Duncan Jonhson en vele meer (sien onder).

Martin Headger het agter die skerms gaan loer.

Ontmoet die spelers

JACQUES BOSCH – hy speel Cornelius Smit
Jacques was van die beginjare af deel van televisie. Dubbele Alibi was die eerste drama wat op die eerste aand van TV uitgesaai is. Daarna is Jacques te sien in Bosveld Winkel, Bosveld Hotel, Moord op Eendevlei, Transkaroo, Nommer Asseblief, Harmonie, Bart Nel, Rieksie die Baasspeurder en Die Laksman. Jacques is geen onbekende as dit by radioteater kom nie.

RIA SMIT – sy speel die rol van Laurette Roux
Ria slag haar oudisie vir radiodrama in 1976, en speel in haar eerste stuk saam met Cobus Robinson. Reekse vir Springbok Radio en RSG volg o.a. Hartjie my Liefie, Mannheim Saga 1 & 2, Aan die einde van die Reënboog, Agent 008, Sending RSA. As vrystuk akteur het Ria ook salaris verdien as klank-ingenieur by beide radio en TV. Sy was klank-ingenieur en waarnemende assistent regisseur by Monitor en Spitstyd. Ria was ook in verskeie hoedanighede betrokke by boekvoorlesings vir RSG, Vers en Klank, Siembamba, Wielie Walie, Tekkies, 50/50, Junior Sport en Potpourie.

Bronwyn van GraanBRONWYN VAN GRAAN – Sy is Suster Pauline Fortuin
Bronwyn Van Graan het haar opleiding by UK (UCT) ontvang. Haar teater ervaring sluit in Land van Skedels, Betesda, Lot, Babbel, Stoutgatpassie, Mag/Unplugged, Die Keiser en Scorched, om net ‘n paar te noem. Op RSG was sy in Kroes en Die Wembley te hoor. Van 2012 af is sy deel van Radio Vuka, ‘n radiosepie vir SAfm, en ander radioverhale.

817_2-1DAWID MINNAAR – Dr. Chris Potgieter
Dawid Minnaar werk al sedert 1981 as ń professionele akteur. Hy het begin radio werk doen toe hy nog ń student aan die Universiteit van Stellenbosch was onder leiding van die legendariese en formidabele Suzanne van Wyk. Hy was ook bevoorreg om saam met pioniers soos Babs Laker en Jannie Gildenhuis te werk in die studios van die destydse SAUK in Seepunt.

Duikerbaai se Dinge is die eerste keer in ń lang tyd dat hy weer die geleentheid het om voor die mikrofoon in te skuif. Tans hou hy hom hoofsaaklik besig met verhoogwerk waarvan Ubu and the Truth Commission, Heidi, Die Huis van Bernarda Alba, Buite blaf die Honde swart en A Doll’s House die mees onlangste is.

Natania van HeerdenNATANIA VAN HEERDEN – Elsa de Beer
Natania behaal haar BA Drama graad by Tukkies in 1986 en sluit haar daarna aan by TRUK. Televisie werk sluit in: Cul de Sac, Glaskasteel. Oos-Wes, Vleuels en Dada en die Flower in. Sy woon van 1994 tot 2006 in die VSA, maar is nie verlore vir die bedryf nie. Sy ontvang ‘n veertjie vir haar rol as Mariana in Deon Opperman se Kruispad. Sy is eersdaags te sien in die film Droomdag.

Christiaan SchoombieCHRISTIAAN SCHOOMBIE – Gerrit de Beer
Vandat Christiaan in graad 3 vir Sir Laurence Olivier in die titelrol van die fliek Richard III gesien het, was hy oortuig hy wou toneel speel. Nadat hy in New York aanvaar is by die American Academy of Dramatic Arts (AADA), het hy uitgeblink in klassieke en eietydse rolle. Tydens sy derde jaar van praktiese opleiding het hy homself onderhou as koeldrankverkoper in die voorportale van Broadway-teaters. Sy eerste professionele rol was in Old Man River, gepen deur Corey Pajka, op Off Broadway as ‘n karakter wat losweg gebaseer is op die Australiese akteur Heath Ledger in sy laaste dae. Terug in Suid-Afrika het hy opgetree in ‘n dubbelrol in Christopher Hope se A Distant Drum saam met die wêreldklas violis Daniel Hope. Die konsertdrama is in Oktober 2014 tydens die eerste Ubuntufees in New York se Carnegie Hall opgevoer, waar dit ‘n staande ovasie gekry het. Hy het die rol vertolk van Tom Reynolds in Vettie Vettie by die Staats Teater. Hy het ook ‘n komiese en deurlopende rol gehad in ‘n internasionale opvoedingsprogram, genaamd: Quarx. Daarna het hy sy film debuut gemaak in die BBC film The Gamechangers en gespeel teenoor Daniel Radcliffe en Joe Dempsie. Meer onlangs het hy gespeel in The Dark Tower, gebasseer op Steven King se reeks boeke, en saam met Idris Elba gewerk, asook saam met Laurence Fishburne in die mini-reeks MADIBA.

KELSEY MIDDLETON – Josephine Bird
Kelsey het al verskeie verhoog, televisie- en filmrolle vertolk. Haar verhoogrolle sluit optrede in Charlie se Tante, Huis op Horings, Marilyn Monroe in 7 year itch en Joe Masiell not at the Palace. Sy het in verskeie radiodramas opgetree. Sy het rolle vertolk in die volgende televisiereekse: Skooldae, Kooperasie Stories, Mattewis en Meraai, Die Roep van die Visarend, Concept for Packaging, Die Hartseer Wals en Koedoe kom terug teenoor Marius Weyers en George Ballot. Sy was ook in die volgende films te sien: Boetie Gaan Border toe, Verkeerde Nommer, Vyfster die Slot en Wie laaste lag.

rudolfGéRARD RUDOLF – Johan Steyn
Gérard Rudolf is in Pretoria gebore en het Drama aan die Universiteit van Pretoria studeer. Daarna het hy by KRUIK se teatergeselskap aangesluit en in Shakespeare-opvoerings, dramas en komedies opgetree. Hy het in 1991 sy eie teatermaatskappy Makeshift Moon gestig. Hy het in film en TV begin belangstel en oor die jare in verskeie hoofrolle in bekende en gewilde reekse opgetree. In 1998 was hy as die jongste hoof van ’n dramaskool in Suid-Afrika se geskiedenis, aangestel by CityVarsity in Kaapstad. Hy het o.a. al saam met groot sterre soos Dennis Hopper, Peter Weller, Jamie Dornan (Fifty Shades of Gray) en Bryan Brown die skerm gedeel. In 2002 het hy na die Verenigde Koninkryk verhuis, maar in 2010 teruggekeer Johannesburg toe. Hy tree nog op in films, televisiereekse, en teatervertonings. Hy is ook ’n gepubliseerde digter. Sy eerste versameling gedigte, Orphaned Latititudes is in 2009 in Engeland uitgereik. Baie van sy skryfwerk is ook in plaaslike joernale opgeneem. Hy neem ook die afgelope paar jaar ‘gritty’ foto’s van Johannesburg en beplan later hierdie jaar ’n uitstalling van hierdie werk. Hy skryf ook deurentyd hoofsaaklik draaiboeke en doen regie. Sy kyknet Silwerskerm kortfilm, Sweisbril het verlede jaar groot aandag by die Silwerskermfees in die Kaap ontvang. Hy het ook by dieselfde fees die toekenning vir beste akteur in ‘n kortfilm ingepalm vir sy spel in die film Vryslag. Gérard is ook in 2015 vir ‘n SAFTA én ‘n ATKV Mediaveertjie benoem as beste akteur in ‘n TV reeks vir sy spel in die reeks Donkerland.

Hy het in die volgende films gespeel: Paljas, The Game, Styx, Dust, Wolwedans in die Skemer, Jimmie in Pienk, Die Ontwaking. Hy het rolle in die volgende TV-reekse vertolk: Arende II en III, Glaskasteel, Woestynblom, Donkerland, Binnelanders en Fluiters.

MVBMAGDA VAN BILJON – Christine Steyn
Magda van Biljon se vryskutloopbaan strek oor meer as 40 jaar. Sy is bekend as verhoog-aktrise, ‘n paar draaie in films en TV-reekse, met ‘n klompie solo musiekteater produksies veral die afgelope 10 jaar. Haar radio-loopbaan het daar doer in die 1980’s afgeskop met die viering van Afrikaans saam met Anna Neethling-Pohl in DIE PLUIMSAAD WAAI VER van NP van Wyk Louw. Daarna het vele reekse en Radioteaters gevolg. Die onlangste was Seespinnekop en Die Mense  van Arendskuil. Twee van haar boekvoorlesings, Die Ander Marta en Ver Wink die Suiderkruis is o.a. deur NB gekeur as oudio boeke. ‘Die radio-medium is een van my gunstelinge’ se van Biljon. ‘Die moontlikhede van rolle is groot en omvangryk en altyd uitdagend.  Ek verkies karakterolle maar geniet verskillende soorte moderne karakters net so baie ‘n Kunstenaar werk ook deurgaans met verskillende regisseurs saam: elk met sy/haar eie interessante benadering. Lank lewe die teater van die stem: die radio-medium!’

nina-maraisNINA MARAIS – Adel White
Nina Marais is ‘n passievolle aktrise en mal oor al die verskillende genres van die kunsvorm. Sy was onlangs te sien in 7deLaan as die staatsaanklaer, Elritha Botha en na ‘n suksesvolle eerste seisoen begin sy ook skiet aan die hospitaaldrama, Maseko Ties seisoen 2. In Prison is not my home, waar Nina die rol van Du Plooy, ‘n tronkbewaarder in die 80’s vertolk het, is in Februarie vanjaar verfilm en word in Januarie 2017 vrygestel in die VSA. Vandat sy by radio betrokke geraak het in 2015 het die medium haar hart gesteel en is sy tans ‘n sport- en verkeersaanbieder op Impact 103 FM se ontbytprogram.

n2snkcl33mwoxmoi00xscm9fw3kRIKA SENNETT – Madelein Berg
Rika het in die 70’s bekendheid verwerf as die Rissiepit in die rolprent Snip en Rissiepit. In 1975 word sy die eerste vroulike aanbieder op plaaslike televisie. Sedertdien het sy al in verskeie verhoogproduksies, televisiereekse en films verskyn

duncan_johnson_website_2015__11477-1422023897-386-513-1DUNCAN JOHNSON – Skipper Lee
As veelsydige akteur is Duncan vir meer as 25 jaar in die bedryf betrokke by al die verskillende mediums. Op televisie was hy ‘n kontinuiteitsaanbieder vir Mnet en veldaanbieder vir Kwela. Hy was ook onder meer te siene in 7de Laan, Egoli, Colour TV en mees onlangs in Fluiters en Binneland. Op die verhoog het hy vanjaar die hoofrol vertolk in Die Sideboard – die Musiekblyspel wat hy ook vir Woordfees vervaardig het. Hy kan gereeld gehoor word in radiodramas en radiosepies soos Hartebreker. Daarbenewens hou hy hom besig met vertaling, die skryf van dramatekste en draaiboeke. By die jeug is hy betrokke met toneelspelopleiding en motiveringspraatjies