Ons nuwe middag-vervolgverhaal – Hotel Elizabeth: Tweede kans


Hotel Elizabeth: Tweede kans begin op Dinsdag 28 Julie om 14:45 en is geskryf én geregisseer deur Mari Snyman.

As jou verloofde koue voete kry..

Frans Crafford, die eienaar van Hotel Elizabeth, het nie lank gelede nie opnuut geluk gevind. Maar in RSG se nuwe middag-vervolgverhaal, Hotel Elizabeth: Tweede kans, word dinge in sy lewe lelik deurmekaar gekrap wanneer sy verloofde, Sonja Retief, koue voete kry.

Frans se suster, Maggie, vind wel haar deel in die lewe, maar sy moet spoke uit haar verlede aanspreek en afsluiting kry.

Die hotelbaas se dogter, Liz, is op ‘n pad van selfvernietiging wanneer die liefde in haar lewe haar teleurstel. ‘n Nuwe aankomeling by die hotel kan haar moontlik terugplaas op die regte pad, maar die vraag is: is sy bedoelings opreg?

Zelna en Albert, die hotel se skoonheidsdeskundige en bestuurder, is in die wolke oor die goeie nuus in hulle lewe, maar net totdat Zelna se bose ma opdaag en haar herinner aan al die ongelukkigheid van haar kinderjare.

En dan het die nuwe sjef Shadley sy eie probleme wat hy moet oplos wanneer hy wil uitvind wie sy biologiese pa is.

Die rolverdeling sluit in Lochner de Kock, Heidi Mollentze, Carmin Coetzer, Gretha Brazelle, Elzabé Zietsman, Anrich Herbst, Marina Coetzee, Melt Sieberhagen, Johny Klein, Anton Dekker en Sulette Thompson.

Marina Coetzee en Johny Klein in Hotel Elizabeth: Tweede kans

Marina Coetzee en Johny Klein in Hotel Elizabeth: Tweede kans

Heidi Mollentze in Hotel Elizabeth: Tweede kans

Heidi Mollentze in Hotel Elizabeth: Tweede kans

Luister na ‘n episode: