Roosvallei se slot

Roosvallei se slot


Pierre+de+RonsardRoosvallei, RSG se middagvervolgverhaal (weekdae om 14:45) uit die pen van Karien Polley, se slot-episode is vandag.

Hier is ‘n vinnige terugblik op die liefdesverhaal met baie kinkels en kabels. Kyk onder na die spelers wat nou reeds deel van jou middae geword het.

Luister hier na die eerste episode:
Episode 1:

Die storie
Ansie du Toit bestuur ʼn roosplaas, Roosvallei. Sy is ʼn kinderlose weduwee wat haar man, Pieter du Toit, ses maande gelede in ʼn motorongeluk verloor het. Ansie erf Roosvallei van Pieter, maar erf ook die dobbelskuld wat hy by die bank aangegaan het. Sy moet planne beraam om haar skuld te delg en om Roosvallei te behou. Noodgedwonge verhuur sy ʼn stuk van die plaas aan Jacques Malan. Sy is afhanklik van die huur om die rente op die skuld af te betaal.

beautiful-rose-garden-wallpaper-decorating-ideas-1Sy verkoop rose aan die publiek en verskaf ook rose aan ondernemings vir spesiale geleenthede soos troues.

Die rol van Ansie du Toit word vertolk deur die aktrise Bertha le Roux-Wahl, bekend om haar rol as Emma in 7de Laan.

Tant Dollie werk in die roosstalletjie wat op die plaas bedryf word. Sy is ʼn beduiwelde ou vrou wat drie jaar gelede op die plaas aangekom het met haar karavaan. Sy sou vir drie maande bly – nou is dit drie jaar later. Haar dogter Baby, woon in Johannesburg. Iemand kla oor die ou karavaan en tant Dollie moet nou ʼn ander blyplek kry.

Mike Burger koop rose van Ansie en is verlief op haar. As ʼn entrepreneur sien hy geleenthede vir Ansie om haar besigheid uit te brei en om sodoende die plaas te behou. Hy kom ry gereeld bergfiets op Roosvallei.

Jacques Malan is die boef in die storie. Hy dobbel, drink en fuif. Hy wil Ansie en haar plaas hê en niemand gaan in sy pad staan nie, veral nie Mike Burger nie. Hy maak allerhande onderduimse planne om Ansie se lewe moeilik te maak. Daar ontstaan onder andere ‘n vuur op die plaas en die boorgate word beskadig. Ansie voer egter ʼn moedige stryd om kop bo water te hou.

15127103127_f08a8fd03c_o-700x467Dan is daar Debbie Botha… Sy is die aanvallige rooikop en Jacques se persoonlike assistent en minnares. Sy is betrokke by al sy streke, maar as hy nie met haar wil trou nie, neem sy wraak.

Jerome Janse word aangestel as tuinboukundige op Roosvallei. Hy spioeneer vir sy neef Tony Klaase. Hy geniet sy werk en doen alles om Ansie te help om Roosvallei se roostuin te beskerm teen die droogte, brande en skadelike winde. Hy raak egter, sonder dat hy daarop reken, smoorverlief op Marissa Malan, die dogter van Jacques Malan. Sy’s ʼn hartebreker en veroorsaak chaos waar sy kom.

Die skywer

Karien Polley

Karien Polley

Karien Polley is bekend om haar radiodrama, Van die vlees, wat verlede jaar op RSG in Radioteater uitgesaai is.

 

Die rolspelers
Helena Hugo is die regisseur van Roosvallei en die ander spelers sluit in Simon Bruinders, Shemane Harris, Donovan Pietersen, André Stolz, Gigi Strydom, Martin Jansen, Lize Crous-Vosloo, Sulette Thompson en Merlin Balie.

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Bekende spelers laat Karien Polley se karakters leef. In die foto voor sit veteraanakteur, Simon Bruinders (met die pienk hemp) wat die rol van die verlamde Johnny Janse vertolk, langs hom Merlin Balie (‘n gesinsman wat graag met sy eersteling spog). Hy speel die knaende speursersant Tony Klaase. Links staan Lize Vosloo as Marissa Malan, (‘n jong speler met ‘n blink toekoms) en regs van haar Sulette Thompson (radiospeler met hope ervaring) sy speel Debbie Burns. Donovan Pietersen as Jerome Janse is ‘n briljante jong speler, Bertha Le Roux-Wahl (van Sewende Laan-faam) speel Ansie du Toit, Gigi Strydom, (ons ou staatmaker) speel tant Dollie. Helena Hugo (regisseur), skuins agter haar heel regs is die welbekende Shemane Harris wat Joey Janse speel en gesoute Karin Wessels sprankel as Ansie se suster Reinet. Heel agter staan Martin Jansen wat die skurk Jacques Malan meesterlik vertolk en André Stolz, die romantiese held, Mike Burger. Regs agter (in die donker) ons onmisbare tegniese manne Karabo Hlangwane en Evert Snyman Junior.