Agter die skerms met Tamboeryn


Twee Kaapse families se lewens- en sakebelange bots en vervleg met tragiese gevolge… Dit is die gegewe vir die splinternuwe, dramatiese vervolgverhaal Tamboeryn wat die bekroonde radioskrywer Charles J. Fourie spesiaal vir RSG geskryf het.

Dié opwindende storie betrek die lewens van die De Villiers-familie van Oude Baken buite Durbanville by dié van die Keyser-gesien van Elsiesrivier in ‘n tweestryd om mag, geld en liefde.

Tamboeryn begin op Woensdag 10 Februarie en sal elke weekmiddag om 14:45 gehoor kan word. Die regisseur is Eben Cruywagen.

Luister hier na die eerste episode.

Deel 1:

Deel 2:

Gewilde radiospelers soos June van Merch (Katryn – Vrou van die Richtersveld) en Charl van Heyningen kan gehoor word.

Konflik en stryd word openbaar agter die mure van die moedermaatskappy Adamastor Holdings. Daar is ook die geheim rondom ‘n ou tamboeryn uit die slawe-era wat mettertyd ontrafel word en dan dreig om die verlede met meninge oop te vlek!

Hulle sê geld is nie alles in die lewe nie, maar vir sommige mense is dit die alfa en die omega van hul bestaan… Moet dus nie Tamboeryn misloop nie.

Die rolverdeling bestaan ook uit Roeline Daneel, Jarrid Geduld, Wessel Pretorius, André Samuels, Liandé Valentyn, André Weideman, Frieda van den Heever en Deidre Wolhuter (wat onlangs in die rolprent ‘n Paw-paw vir my darling te sien was).

Die De Villiers-familie: Tamboeryn 03 en 04 is v.l.n.r.: Wessel Pretorius [ARMAND DE VILLIERS], Deirdre Wolhuter [AMELIA DE VILLIERS], Charl van Heyningen [WYNAND DE VILLIERS] en Roeline Daneel [LIENKA DE VILLIERS]

Die De Villiers-familie:
Tamboeryn 03 en 04 is v.l.n.r.: Wessel Pretorius [ARMAND DE VILLIERS], Deirdre Wolhuter [AMELIA DE VILLIERS], Charl van Heyningen [WYNAND DE VILLIERS] en Roeline Daneel [LIENKA DE VILLIERS]

Die Keyser-familie: v.l.n.r.: Jarrid Geduld [DONOVAN KEYSER], André Samuels [VERNIE KEYSER], June van Merch [LENIE KEYSER] en Liandé Valentyn [LIZELLE KEYSER]

Die Keyser-familie: v.l.n.r.: Jarrid Geduld [DONOVAN KEYSER], André Samuels [VERNIE KEYSER], June van Merch [LENIE KEYSER] en Liandé Valentyn [LIZELLE KEYSER]

 

 

 In die ateljee v.l.n.r.: Frieda van den Heever [SUSAN GREEF], Wessel Pretorius [ARMAND DE VILLIERS], Deirdre Wolhuter [AMELIA DE VILLIERS], Charl van Heyningen [WYNAND DE VILLIERS] en Roeline Daneel [LIENKA DE VILLIERS]

In die ateljee v.l.n.r.: Frieda van den Heever [SUSAN GREEF], Wessel Pretorius [ARMAND DE VILLIERS], Deirdre Wolhuter [AMELIA DE VILLIERS], Charl van Heyningen [WYNAND DE VILLIERS] en Roeline Daneel [LIENKA DE VILLIERS]

Charles J. Fourie is die skrywer van bekroonde radiodramas soos Offer en sal onthou word vir die vervolgverhale Inferno, Paradiso en Purgatorio. As verhoogskrywer is hy bekend om en al bekroon vir stukke soos Ella se perde, Agterplaas en Vrededorp.