14 ATKV-mediaveertjies vir RSG!


RSG se omroepers, aanbieders en produksies is pas met 14 ATKV-mediaveertjies bekroon.

Verskeie presteerders in die Afrikaanse mediawêreld is by die Lyric Teater, by Gold Reef City, met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon.

Vanjaar is daar in die volgende kategorieë meegeding: LEES, LUISTER en KYK. Digitale bydraes vorm deel van al drie kategorieë.

Martlize Brink en Johann van Lill het elk twee veertjies gewen en Renske Jacobs, Paul Luckoff en Martyn le Roux is almal bekroon vir die radiodrama Bloedlyn.

Die wenners is soos volg:

LUISTER

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram: Martelize Brink – Oggend op RSG: Yolande Korkie – RSG

Beste joernaalprogram: Martelize Brink – Seks en jy – RSG

Beste insetsel in ’n joernaalprogram: Johan van Lill – RSG Kunstefeesoggend: Die Luxurama – RSG

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program: Johan van Lill – Ons en die onderwys: Tegnologie in die klaskamer – RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram: Ivor Price & Anita Visser – Monitor – RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram: Izak du Plessis & Melissa Tighy – Monitor & Spektrum: Lambertsbaai se vissers – RSG

Beste nuus- of aktualiteitsprogram: Suzanne Paxton – Monitor: Aardklopgespreksreeks Alzheimers – RSG

Beste dokumentêre program of programreeks: Christelle van Tonder – Jonk, swart & Afrikaans – RSG

Beste regisseur van ’n radiodrama of –teater: Renske Jacobs – Dagboek van ’n wurm – RSG. Renske is ook pas bekroon met die Liberty-toekenning vir radiodramas. Lees meer hieroor.

Beste teks vir ’n radiodrama of –teater: Martyn le Roux – Dagboek van ’n wurm – RSGBeste aktrise in ’n radiodrama of –teater: June van Merch – Sarah Baartman – RSG

Beste akteur in ’n radiodrama of –teater: Paul Lückhoff – Dagboek van ’n wurm – RSG

 

Renske en Martyn

Johann van Lill

Anita Visser en Ivor Price

 

 

Categories