Rugbyraaikompetisie: R10000 op spel


MMSLOGOWEN R10 000 IN DIE RSG / MMS RUGBYRAAIKOMPETISIE!

Dit is weer sulke tyd! RSG se gewilde rugbyraaikompetisie is terug met die vriendelike samewerking van die MMS GROEP Geoktrooieerde Rekenmeesters. Al wat jy moet doen, is om die eindtelling te voorspel in Die Springbokke en Iere wedstryd op Saterdag 11 Junie 2016.

Om in aanmerking te kom vir die kontantprys, stuur ‘n SMS na 34024 met jou antwoord. Tik die woord BOKKE, laat ‘n spasie en dan jou voorspelling van die eindpunt van die Springbokke, laat ‘n spasie, en dan die eindpunt van die Iere. Elke SMS kos R1.00.

Indien daar meer as een wenner is, sal ‘n trekking gedoen word. Die kompetisie sluit ‘n uur voor afskop om 16:00. Die wenner word op Maandag 13 Junie in Tjailatyd (15:00 – 18:00) aangekondig.

Gaan ook na www.mmsgroep.co.za vir meer inligting.

Kategorieë