As die weerlig slaan…

As die weerlig slaan…


lightning-gallery-5Dit is nie die rubberbande van jou motor se wiele wat jou veilig hou nie, dit is die metaal van jou dak en deure. En om onder die naaste boom skuiling te soek, is moeilik soek. Dié is feite. Maar dat dit net een keer op dieselfde plek kan slaan, is ‘n mite.

Esté Gross het met weervoorspeller Jan Vermeulen gesels oor weerlig en hoe jy onder meer kan tel hoe ver die weerlig van jou af is. Luister hier na die gesprek:

Hier is nog feite en mites:

  • Ons sien weerlig voordat ons dit hoor, want lig trek vinniger as klank. Die lig van die weerlig bereik met ander woorde ons oë voor die klank.
  • Formule om afstand van weerlig te bepaal: 3 sekondes =1km
  • Die meeste donderstorms in SA kom voor in die oostelike hoëveld (Jan Vermeulen- weerkundige)

Kyk na  die interessante video van ‘n donderstorm in Georgia, VSA:

Volg die skakel http://www.lightningsafety.noaa.gov/myths.shtml vir meer mites en feite oor die weerlig. Daar is ook foto’s en ‘n video van ‘n kragtige donderstorm.