Nanotegnologie vir die toekoms


Jou kleuter se trapfiets gaan ewe skielik langer hou…en jou lipstiffie gaan dalk langer in die son kan bak – sonder om te smelt. Dís enkele van die voordele wat nanotegnologie vir die verbruiker kan inhou.

Die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor, het verlede week ‘n sentrum vir navorsing vir die ontwikkeling en vervaardiging van nano-struktuur-materiaal – nou op industriële skaal – ingehuldig.

Volgens Dr. Manfred Sciba, programtegnoloog van die WNNR, hou die sentrum en nuwe navorsingsmoontlikhede baie voordeel vir die plastiek en kosmetiese bedryf in. Die vervaardiging van Nanoklei sorg veral vir groot opwinding.

Só het die mediaverklaring die tegnologie beskryf:

The Minister of Science and Technology will, together with the CSIR, launch a Nanomaterials Industry Development Facility in a effort to help the plastics and cosmetics industries to develop new nanotechnologies and processes.

Due to high costs of importing nanostructures such as nanoclays, the plastics industry is not adopting advanced polymers such as nanocomposites on a larger scale. The Nanomaterials Industry Development Facility will make the SA plastics industry more competitive.

The international market in nanostructures and nanocomposites is growing rapidly. Nanoclay composites for instance are expected to increase from a 2011 volume of 24 to 74 million metric ton at a value of $3 billion by 2016. The market demand for nanostructures in applications other than nanocomposites is increasing rapidly globally and has huge potential. In SA the total plastics consumption is in the order of 1.3 million metric ton or R35 billion per annum, accounting for an estimated 3.2% of the manufacturing sector.

Vir meer inligting, besoek die webblad van die Departement van Wetenskap en Tegnologie www.dst.gov.za en die webblad van die WNNR www.csir.co.za.

Esté Gross praat met Dr. Scriba om uit te vind oor nanotegnologie en nanoklei.

Minister Naledi Pandor knip die lint

Minister Naledi Pandor knip die lint

Plastiek met nanotegnologie

Plastiek met nanotegnologie

So lyk nanoklei

So lyk nanoklei

CSIRIndustrialNALEDIPANDOR