Beleef Antarktika op Brekfis met Derrich


Brekfis met Derrich gesels Saterdae net na 09:00 regstreeks met ‘n Suid-Afrikaanse span wat tans in Antarktika is.

Herman van Niekerk  is deel van ‘n groep van vier geoloë (drie van Universiteit van Johannesburg en 1 van die Universiteit van Stellenbosch) wat vanaf die 30 November 2016 tot 7 Februarie 2017 saam met die somer-oorgangsgroep van die Suid Afrikaanse Antarktiese Program (SANAP) na Antarktika gaan. Hulle het reeds vertrek met die SA Aghulhas II en het sopas by SA Burka aankom waarvandaan hulle na die SANAE basis gaan.

Daar gaan hulle toerusting pak en dan vertrek met skidoo’s na die Mühlig-Hofmann Berge in Queen Maud Land. Dit dit is so 500 km weg van die SANAE-basis en hulle gaan vir 4 tot 5 weke daar in tente bly, terwyl hulle daar navorsing doen.  Die span sal seker so 2000 km per skidoo aflê.

Kyk na die video wat wys dat die see tussen Kaapstad en Antarktika nie verniet die Roaring Forties genoem word nie:

 

Uit hulle whatsapp boodskappe tot dusver: 

Dinsdag 6 Des:
Goeie more almal. Ons is nou op 53 grade suid en op 0 oos en beweeh nou reguit suid, naby Bouvet eiland. Vanoggend is dit onder vriespunt en daar was so vinnige vlaag van sneeu gewees. Meer en meer ysberge in die verte. Die see is relatief kalm.  Eerste walvisse in die verte gesien. Hoop alles gaan nog goed daar.

Woensdag 7 Des:
Ons is nou op 57 grade suid en daar is meer en meer ys, soos in die video wat ek gaan probeer laai hierna. Meestal klyn stukkies ys maar soms ook groot ysberge. Ek sukkel om fotos te neem met iPhone om te kan wys want na ‘n paar sekondes in die wind dan gaan die telefoon dood van die koue.

Donderdag 8 Des:
Nou oor 60 grade suid. Meer en meer ys en dit maak die see stil. Behoort sondag by SA Burka (die rand van die ys waar Antarktika begin) te wees.

Vrydag 9 Des:
Ons is nou op 65 grade suid, deur die eerste area van ys en in n massiewe area binne die ys waar daar geen ys is nie ( n’ polynya). Ons behoort by laat vanmiddag die dikste area van 60 seemyl dik ys met blokke so groot soos 12km te tref (volgens satteliet beelde van 2 dae terug). Hulle reken dit kan 4 dae van ys breek vat om daardeur te kom en dan behoort ons naby aan die kus van Antarktika te wees.

Saterdag 10 Des toe hulle by die shelf aankom:
Luister na die onderhoud

Nou by SA Burka geparkeer. More begin ons aflaai en uitvlieg SANAE basis toe.
Shelf is die 40m hoog ys waar hulle aan land gaan by SA Burka.


Die foto gee ‘n idee van die 40m shelf (Kyk die mense is klein daar bo)

Sondag 11 Des:
Hulle gaan nou begin vlieg. Ons is op vlug 5, maar dit sal seker eers Dinsdag wees want weer gaan glo te sleg wees om te vlieg.

Foto’s en video’s deur die span met hulle vertrek en aankoms en rowwe see

30 November 2016: Vertrek uit Tafelbaai hawe

Voor ons vertrek

Vertrek uit Kaapstad. Die helikopterlandingsplek op die boot.

Vertrek uit Kaapstad. Die helikopterlandingsplek op die boot.

In die vragruim

Ons slaapbanke

Gesig op die boot

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1 Desember tot 10 Desember: Reis op see

 

 

 

Aankoms by Antarktika – 10 Des 2016

 

 

 

 

 

 

SANAE-basis