Asemrowende ruimtebeelde


Hoewel NASA se Hubble ruimte-teleskoop oor die jare verantwoordelik is vir asemrowende beelde van die hemelruim, toring die “Pilare van Skepping” (Pillars of Creation) steeds bo die res uit wat ikoniese beelde betref. Die ongelooflike foto, geneem in 1995, was die eerste blik van drie enorme gaskolomme deurspek met ultraviolet lig, afkomstig van ‘n versameling groot jong sterre uit die M16 ruimtestreek, die sogenaamde ‘Eagle Nebula’.

Pilare van Skepping

Pilare van Skepping: Die foto vergelyk die oorspronklike 1995 Hubble-beeld (links) met die jongstes waar strome gas uit die pilare vloei wanneer intense bestraling die gas verhit en dit die ruimte in verdamp. Sterre word diep binne in die pilare gebore.

Kyk net die ongelooflike detail.

Kyk net die ongelooflike detail.

Ofskoon sulke spitskopformasies redelik algemeen voorkom in stervormende streke, is die M16-strukture verreweg die mees fotogeniese beelde. Die Hubble-beelde is so gewild dat dit glanspunte is in flieks, televisiereekse, en selfs plaaslik verskyn op die omslag van Gideon Joubert se boek, Die groot gedagte se eerste drukoplaag. Nou, ter viering van die 25ste herdenking van die foto, het die Hubble die beroemde pilare herbesoek om ons op helderder, breër beelde te trakteer. Vir meer inligting besoek gerus die Hubble webwerf.

'n Saamgestelde foto van die Andromeda galaksie

‘n Saamgestelde foto van die Andromeda galaksie

In vandeesweek se STERRE EN PLANETE praat Hennie Maas met sonkenner Kobus Olckers oor waarom ultravioletstrale so gevaarlik is vir mense, en hoe hierdie sonstrale werk. Klik hier om na die onderhoud te luister.

Onthou om elke Sondag 19:30-20:00 te luister na STERRE EN PLANETE wanneer Hennie die wonders van die hemelruim met ons deel.