Ontdek die polarium in Tromso en die Noorderligte


Tromso is ‘n navorsings-en-universiteitsdorpie in Noorwee waar die Aurora Borealis of ook bekend as die Noordelike Ligte o.a bestudeer word. Die ekosisteem in die Arktiesesirkel is fassinerend en ysseevlakke word ook in die polaruimnavorsingsentrum gemonitor. Johan Rademan gesels met Teoretiese Fisikus Hendrik Geyer oor die ligverskynsels, Arktiese Mariene Bioloog Carl Ballentine vertel van sy studieveld , Linde van Niekerk dui die verskil aan oor of jy ‘n somer of winter besoek aan die Skandinawiese land bring en Wiilemine de Jager spog met haar groen weergawe van die Borealis.

Buite die Polarium in Tromso, Noorweë.So vereer die Nore die ontdekkingsreisigers en navorsers in die Arktiesesirkel.

Polarium in Tromso se navorsing oor die gletsers wat smelt agv o.a. globale verhitting. Die gletserkrimping is kommerwekkend.

Die Polarium in Tromso se navorsingsfokus.

Tromso in Noorweë uit die vliegtuig. Agv die Fjords in Noorwee is die kuslyn ongeveer 100 000 km.

Noordelike Ligte: Aurora Borealis in Noorweë: Wanneer die sonvlekke se uitstraling of “sonwinde” die aarde se magnetiese veld tref. Die groen verskynsel is afgeneem deur Willemina de Jager wat al meer as 100 lande besoek het. Bo 180 km van die aarde is die Borealis soos dit in die noorde genoem word (in Antarktika die Australus) rooi, maar tussen 120 en 180km is die groen interaksie soos in die foto skouspelagtig.

Ons het n reeks foto’s en ‘n video van die indrukwekkende natuurverskynsel Aurora Borealis bymekaar gesit.