Bevrore in tyd, baba-leeutjies uit die Ystydperk


Hulle lyk of hulle slaap, maar twee leeuwelpies is onlangs ontdek in Siberië – vasgevang in die ysige grond vir ongeveer 10,000 jaar al.

Wetenskaplikes weet nog nie hoe en wanneer presies hulle gesterf het nie ook nie hoe oud hulle was nie, maar dit is sover die eerste keer dat leeuwelpies uit die Ystydperk gevind is. Hulle was grotleeus (panthera speleae) en veraf familie van moderne Afrika-leeus.

Die leeutjies vorm deel van ‘n tentoonstelling van diere wat gevind is in Siberië wat behoue gebly het in die bevrore grond van die streek. Behalwe mammoete (pre-historiese olifante), is daar ook Sasha, die enigste wollerige-renosterkalf wat nog ooit gevind is.

Mens kan seker verwag dat soos ys smelt en bevrore grond ontdooi as gevolg van aardverwarming, nog meer sulke ontdekkings gemaak sal word.

oer-renoster

Unieke vonds: oer-renosterkalf

'n Prehistoriese grotleeuwelpie

Die prehistoriese grotleeuwelpies is gevind Yakutia, Siberië