Binne-in die wêreld se grootste orrel


Die Wanamaker Orrel is die grootste werkende orrel in die wêreld. Dit is ingebou in die bekende John Wanamaker-afdelingswinkel, deesdae bekend as Macy’s, in Philadelphia, Amerika.

Dis ‘n 7-verdieping hoë installasie, groter as die meeste mense se huise, selfs die ryksmanshuise. Die binnekant van die orrel is ‘n doolhof van 26,677 pype, houttrappe en bedrading.

Die orrel is die oudste klawerinstrument; dit dateer uit die 3de eeu voor Christus en die eerste orrel is gebou deur die Griekse uitvinder, Ctesibius van Alexandra.

Screen Shot 2015-10-01 at 11.09.18 AM

Screen Shot 2015-10-01 at 11.09.37 AM

Screen Shot 2015-10-01 at 11.09.47 AM

Screen Shot 2015-10-01 at 11.09.53 AM

Screen Shot 2015-10-01 at 11.12.50 AM