Is virtuele geld die toekoms?


Is dit al vir jou tweede natuur om met Bitcoin vir jou koffie te betaal? Of is jy nog skepties of ‘n draadsitter as mense oor virtuele geld gesels?

Wel, virtuele geld is heel waarskynlik die geld van die toekoms en die geldeenheid wat jou beursie gaan laat bult. Volgens ‘n onlangse artikel in Sake24 deur ekonoom Dawie Roodt, is dit ook nie ‘n vêrgesogte idee dat virtuele geld in die toekoms die einde van banke kan beteken nie.

Esté Gross het onlangs ‘n seminaar oor Bitcoin, die bekendste en vernaamste virtuele geldeenheid waarin tans verhandel word bygewoon.

Doktor Anthony van Tonder (foto links), Uitvoerende direkteur van Kommunikasie van Lifestyle Galaxy verduidelik dat daar tans honderde kripto-geldeenhede is, en dat die konsep van ‘n kriptogeldeenheid oftewel virtuele geldeenheid glad nie so Grieks is wat jy dink nie.

Meer inligting:
Lees die artikel oor Virtuele geldeenhede deur ekonoom Dawie Roodt:
https://www.linkedin.com/pulse/die-einde-van-banke-sake-24-21-november-2016-dawie-roodt

Videos: Hoe virtuele geldeenhede werk

 

Kyk ook na hierdie video oor hoe virtuele geld werk: http://edition.cnn.com/videos/business/2014/07/08/spc-future-finance-crypto-currencies.cnn/video/playlists/intl-future-finance/

Vir meer inligting skakel Anthony van Tonder by 083 677 3553.