Rookmistoring teen lugbesoedeling maak diamante

Rookmistoring teen lugbesoedeling maak diamante


750x-1 lhpj7TtQukLRIEvTzJKzc7-54ZihzajGQyXZb2VPOso‘n Nederlandse kunstenaar en argitek,  Daan Roosegaarde, het ‘n “rookmistoring” ontwerp wat lugbesoedeling insuig en dan onder groot druk in diamante verander. Dié opspraakwekkende toring gryp die verbeelding aan, en daar is nou navrae oor die tegnologie van regoor die wêreld, berig Monitor en Spektrum.

Ná ‘n toetsprojek in Rotterdam, gaan die rookmistoring in Beijing opgerig word om dié stad se erge lugbesoedeling te troef. Die toring is 7 meter hoog. Roosegaard (regs op foto onder op ‘n mediakonferensie by die Wêreld Ekonomiese Forum) het die idee gekry toe hy met Beijing se lugbesoedeling moes trotseer.

3049151-slide-s-3-this-tower-gobbles-up-air-pollution-turns

Daan Roosegaard

Die diamante word as juweliersware verkoop; maar die uitvinder van die toring sê die idee is nie om natuurlike diamante te vervang nie. Kunsmatige diamante bestaan natuurlik al lankal, maar nou word lugbesoedeling verwyder.

Screen Shot 2016-08-19 at 9.58.22 AMLees meer oor die rookmistoring.