Dié driehoek pak grysstof


Pascal se driehoek – wat met eerste opslag bloot as ‘n reeks syfers voorkom – is inderwaarheid ‘n wiskundige skatkis. Natuurlik is daar ‘n goeie storie agter dié driehoek – knyp gou 5 minute af en herontdek die opwinding van probleemstelling en oplossings.