Die geheime lewe van appels


Deesdae kry mens so baie variëteite van appels, dat mens kan kus en keur.

Appels kom oorspronklik uit Kazakstan waar daar woude van appels is. Die hoofstad is Almaty – voorheen bekend as Verny en toe Alma Ata – en langer gelede bekend as Almatau – die berg van appels.

Boorde wilde appels word steeds in Kazakstan gevind, met heuwels wat oortrek is met appelbome in blom in hul lentemaande.

Appelbome is deel van die roos-familie en is ‘n bladwisselende boom wat van ‘n koue klimaat hou.

Daar is meer as 7500 variëteite appels, waarvan sowat 18 deesdae baie gewild is.

Elkeen lyk en smaak effe anders.

Daar is die Flower of Kent, wat op Newton se kop geval het (foto regs), daar is die Royal Gala, Starking, Pink Lady, die Northern Spy, die Groninger Kroon, die Granny Smith en baie ander.

Lees meer oor appels: https://en.wikipedia.org/wiki/Apple

Kyk hier hoe van die verskillende appels lyk en of hulle die beste is vir vars eet of vir kook en bak-doeleindes: https://www.heb.com/static-page/apple-varieties.

Hier is nog inligting: http://www.prevention.com/food/apple-varieties-and-recipes