Die nuutste neigings in kosmetiese geneeskunde

Die nuutste neigings in kosmetiese geneeskunde


Wat is die jongste neigings in kosmetiese geneeskunde – wat die gebruik van snykunde en nie-chirurgiese metodes soos die gebruik van botoks en vullers insluit.
Marí Hudson het Woensdag 21 Desember gesels met prof. Frank Graewe, buitengewone professor in plastiese en rekonstruktiewe chirurgie aan die Universiteit van Stellenbosch en in private praktyk by die Tygerberg Gesondheidsentrum.

Luister hier na die gesprek.

Nuutste neiging #1: Groter boude
Wat mense as mooi beskou, verander. Eers was dit ‘n Twiggy-lyfie. Maar Kim Kardashian het byna eiehandig weer groot boude mode gemaak en van 2014 is daar wêreldwyd ‘n groter aanvraag na vetinspuitings in die boude om die agterstewe groter te maak. Vet wat van ander dele van die liggaam soos die maag, binnebene, flanke of rug uitgesuig word, word in die boude gespuit.

Nuuste neiging #2: Meer as een prosedure op een slag
Danksy vooruitgang in narkose, is langer narkosetydperke nou veilig en dit stel plastiese chirurge in staat om langer operasies te doen, wat beteken dat meer as een prosedure tydens een teaterbesoek gedoen kan word. ‘n Goeie voorbeeld is die ‘mommy makeover’ waar die volgende prosedures dikwels een na die ander gedoen word:

  • vet word uitgesuig van die maag, binnebene, sye of rug;
  • die maag word plat gemaak in ‘n ‘tummy tuck’;
  • die borste word gelig

Ander voorbeelde van meer as een prosedure op een slag, is ‘n mastektomie – as deel van die behandeling vir borskankerpasiënte of as voorsorgoperasie vir vroue wat draers is van die BRCA1 en BRCA2 kankergene – en onmiddellik daarna ‘n borsrekonstruksie. (Ons gesels vroeg in die nuwe jaar oor die nuutste neigings in borsrekonstruksie en hoe ‘n tepel gebou word.)

Nuutste neiging #3: Botoks en vullers galore
Botoks en vullers kan beskou word as die grootste enkele omwenteling in kosmetiese geneeskunde omdat dit nie-chirurgies is nie. In die hande van ‘n goeie plastiese chirurg of dermatoloog of estetiese geneeskunde kan die gesig se letterlik geboetseer word. Dit word ‘n ‘liquid facelift’ genoem.

Die areas waar botoks en vullers kan help

Die plekke op die gesig waar ouderdom wys

Die plekke op die vel waar die meeste botoks-inspuitings gedoen word

Botoks en vuller vul mekaar aan. Botoks word in die onderliggende spierlae gespuit.

 

Die effek is die beste na enkele dae, en werk dan geleidelik uit.

.

Die effek van botoks werk geleidelik uit na 3 – 6 maande

Vullers: Vullers word gespuit om dieper kepe te vul. Hialoroonsuurvullers word beskou as die beste vullers. Verskillende soorte vullers neem verskillende tydperke om weer geabsorbeer te word en kan dus, kortwerkend of mediumwerkend wees, maar is nie permanent nie. Vet wat op ‘n ander deel van die liggaam uitgesuig word, kan ook in die gesig, borste of boude ingespuit word.
Dit kan gebruik word om die diep kepe op die voorkop te vul, om die diep keep om die mondhoek te vul, om die neus se vorm te verbeter, om die area onder oog op te vul omdat dit met ouderdom uitsak en dan hol kringe onder mens se oë maak. Dit word ook gebruik om mense wat HIV-positief is se voorkoms weer te normaliseer omdat mense met HIV se vetdistribusie verander, wat veroorsaak dat die wangbene meer uitstaan en die wange dikwels hol lyk.

Die areas waar vullers ingespuit kan word


Nuutste neiging #4: ‘Thread lift’
Langerige steeklusse kan in die spreekkamer, maar wel onder steriele omstandighede, ingesit word. Die effek is nie permanent nie, maar omdat die steeklusse wel littekenweefsel vorm, laat dit vel wel permanent stywer en meer gelig. Dit kan herhaal word, en ook om ‘n volledige gesigsontrimpeling ná ‘n klompie jare weer te vernuwe.

 

Die areas wat met die steeklusse gelig kan word

Jongste neiging #5: Vet word as vuller gesbruik
Vetselle bevat meer mesokiemale stamselle selfs as beenmurg en het die vermoë om kollageen in die vel te herstel.
Dokters moet meer vet inspuit as wat nodig is, omdat net sowat twee-derdes van die ingespuite vetselle oorleef.

Jongste neiging #6: Die aanvraag na volledige gesigsontrimpelingsoperasies styg ook saam met die aanvraag na nie-chirurgiese prosedures.
Die enigste langer termyn effek word verkry met ‘n volledige tradisionele gesigsontrimpelingsoperasie.  Die snye word om die ore gemaak. In baie gevalle word die operasie gedoen saam met vetinpuitings.

Kontak Prof Frank Graewe: http://frankgraewe.com/

Luister ook: Hoe werk botoks en vullers en hoe kan dit mens jonger laat lyk? Wanneer word watter een gebruik? Wat maak die liggaam met die stowwe wat ingespuit word? ‘Dr Nerine Wilkinson, plastiese en rekonstruktiewe chirurg by die Renaissance sentrum in Kaapstad, gesels oor die mediese sy van hierdie verjongingskure. En van skoonheid tot vegter: luister hoe beskryf ‘n jong kanker-oorwinnaar sy lewe vandag. Luister hier na die program.