Die nuwe in-ding: Inkleurboeke vir grootmense


Party mense beweer dat die boeke wat jy koop is ‘n venster tot jou siel. Maar wat sê dit wanneer daai boeke kryte, koukies en potlode vereis? Die storie wat boek-mense aan die gons het is die weghol sukses van illustreerder Johanna Basford se volwasse inkleurboeke wat bo-aan die Amazon topverkoperlys pronk. Secret Garden, haar eerste boek het byna meer as 1.5 miljoen eksemplare wêreldwyd verkoop en haar opvolg Enchanted Forest, het maar eers in Februarie verskyn.