Wat moet jy doen as ‘n klein seeskilpad aan die kus uitspoel?

Wat moet jy doen as ‘n klein seeskilpad aan die kus uitspoel?


Seeskilpaaie wat in die somer aan die Natalse kus uitgebroei het, beland dikwels per ongeluk in ‘n koue seestroom en dan word dit ‘n oorlewingstryd.

Hierdie tyd van die jaar spoel baba seeskilpaadjies op die Kaapse strande uit. Maryke Musson , kurator van die Two Oceans Aquarium Maryke Musson vertel wat jy moet doen en wie jy moet bel as jy een van die nuwelinge raakloop.

Elke jaar tussen April en Junie, spoel ‘n klompie jong “loggerhead’ seeskilpaaie op Kaapse strande uit.   In 2015 het besorgde luisteraars baie van die jongelinge na die Akwarium gebring en meer as 200 kon gerehabiliteer word.

Wat jy moet weet:

  • Jy moet hulle nie terugsit in die see nie.
  • Hulle is dikwels moeg, gedehidreer en honger.
  • Jy moet hulle in ‘n groot genoeg plastiek of kartonhouer met genoeg luggate sit sodat hulle stadig warm kan word. Hou hulle by kamertemperatuur en moenie in water sit nie.
  • Dit is dikwels die Caretta seeskilpad.
  • Kontak die Twee Oseane Akwarium by 021 418 3823 of die naaste NSRI kantoor
  • Teken aan presies waar jy die seeskilpad gekry het.
  • Hierdie raad geld vir alle seeskilpaaie wat in die Wes-Kaap uitspoel. As seeskilpaaie in ander dele aan die kus uitspoel, kontak jou naaste akwarium of NSRI of diere-rehabilitasiesentrum.

    Interessante feite oor die seeskilpad:
  • Het jy geweet net een uit ‘n duisend seeskilpadjies wat uitbroei, oorleef tot volwassenheid?
  • Of dat die mannetjie nooit uit die see kom nie?
  • Of dat kleintjies die weerkaatsing van die maanlig as rigting-aanwyser gebruik om hul pad na die see te vind, en as daar baie geboue en ligte reg langs die strand is, verwar dit die kleintjies?
  • Martelize Brink het in Oktober 2015 besoek afgelê by die Twee Oseane Akwarium in die Kaapse Waterfront nadat 250 seeskilpaaie by die akwarium aangekom het. Luister hier na die onderhoud met ‘n kenner oor seeskilpaaie.

Hier is enkele foto’s van seeskilpaaie.
10564078_ml

5716011_m

‘n Groot seeskilpad se spore op ‘n strand

‘n Groot seeskilpad se spore op ‘n strand