Die skaduwêreld van wapenhandel

Die skaduwêreld van wapenhandel


Skokkende en onstellende feite het aan die lig gekom oor die wapenhandel in die wêreld.  Van die wêreld se grootste wapenvervaardigers – die VSA, Rusland, China, Frankryk, Duitsland, Spanje en Italië wat wapens in verkeerde hande laat beland, van wapenhandelaars wat skatryk word uit die bedinging van wapentransaksies, maak nie saak in wie se hande die wapens beland nie, en hoe die VSA eintlik op die ou einde El Kaïda van wapens voorsien het, en oor die massas AK47’s wat oraloor Afrika versprei en te kry is. En daar is nie juis ‘n einde in sig nie, want dit is onwaarskynlik dat die groot wapenvervaardigers hulself finansieel sal benadeel deur ‘n streng wapenverbod af te dwing. Dus speel etiek nie juis ‘n groot rol in die transaksies nie.

andrew-feinstein-photoBaie van die ondertekenaars van die 2014 internasionale verdrag om wapenhandel beter te reguleer, is self groot wapenuitvoerders. Wie is die rolspelers in die onbekende wêreld van internasionale wapenhandel en wie baat die meeste?

Luister hier na die insiggewende Praat Saam, waar Lynette Francis in gesprek is met onder andere Andrew Feinstein (foto), voormalige ANC-LP wat die Suid Afrikaanse wapenskandaal oopgekrap het, nou in Londen woon en wie se boek The Shadow world – inside the global arms trade, pas verskyn het en waar dié ontstellende inligting ontbloot word.

TSW-UK-Home

 

Chomsky-QuoteLees meer oor: