Die wonder van Antarktika


Herman van Niekerk was deel van ‘n groep van vier geoloë (drie van Universiteit van Johannesburg en 1 van die Universiteit van Stellenbosch) wat vanaf 30 November 2016 tot 7 Februarie 2017 saam met die somer-oorgangsgroep van die Suid Afrikaanse Antarktiese Program (SANAP) na Antarktika gegaan het. Hulle het vertrek met die SA Aghulhas II en het vanaf die SA Burka na die SANAE-basis gegaan.

Daar het hulle toerusting gepak en met skidoo’s na die Mühlig-Hofmann Berge in Queen Maud Land vertrek. Dit is so 500 km weg van die SANAE-basis en hulle het vir 4 tot 5 weke daar in tente gebly, terwyl hulle daar navorsing gedoen.  Die span het sowat 2000 km per skidoo afgelê en moes ook ‘n storm trotseer.

Luister hier na die gesprek met Derrich Gardner op Brekfis met Derrich ná hul terugkeer.

Klik hier vir foto’s en video’s van hul vertrek uit Kaapstad tot by hul aankoms in Antarktika,

Verwonder jou aan dié video’s wat deur Herman en sy kollegas geneem is op Antarktika.

Kyk na die video wat wys dat die see tussen Kaapstad en Antarktika nie verniet die Roaring Forties genoem word nie: