Dit gebeur nie elke dag nie!


SS_MaleneVanNiekerk06[1]‘n Sonderlinge eer het Marlene van Niekerk, ‘n Suid-Afrikaanse skrywer met Afrikaans as moedertaal, te beurt geval met haar benoeming op die kortlys van die internasionale  Man Bookerprys met ‘n prysgeld van $89,000 (R1 059 231). Sy is een van vier Afrikane op die kortlys van 10 titels. Marlene is wyd bekend onder andere vir haar treffende prosawerke Triomf en Agaat. Dis tog interessant dat o.a. die Sweedse uitgawe van Agaat meer kopieë verkoop het as die boeke in Suid-Afrika. Maar nou word ons “profeet” geëer met haar insluiting op die kortlys van hierdie gesogte letterkunde prys! Die wenner word aangekondig op 19 Mei in Londen. Lees meer oor die boekeprys hier

Onthou ook om Woensdae tussen 20:00 en 21:00 in te skakel op Skrywers en Boeke met Ilse Salzwe.