Eerste blom blom in die ruimte

first_flower_in_space_scott_kellyDie eerste foto’s van die eerste blom (sien onder) wat in die ruimte geplant is en nou blom, is deur die Amerikaanse ruimtevaarder Scott Kelly getweet. Die blom is ‘n Zinnia, oftewel ‘n jakobregop. Hoewel daar  swamme op die blom is, reken navorsers dat dit juis help om beter te verstaan hoe blomme in mikro-gravitasie kan groei en om lewe in die ruimte beter te verstaan.

Die foto is op die Internasionale Ruimtestasie IRS) (onder) geneem.

scene composition: litho, frame 22Die Internasionale Ruimtestasie met die ESA se Columbus laboratorium vlieg 400 km in die ruimte bo die aarde teen ‘n spoed wat letterlik gravitasie oorkom. Teen 28 800 km/h neem dit slegs 90 minute vir die gewiglose laboratorium om om die Aarde te wentel. Die ruimtevaarders aan boord sien dus 16 sonsopkomste en sonsondergange per dag.

Vanweë die Aarde se rotasie kom dit voor of die ruimtestasie van wes na oos oor die planeet vlieg. Gaan kyk hoe jy saam met NASA uit die IRS na die aarde kan kyk in hoë definisie.

Mens kan voortdurend sien presies waar die IRS in sy wentelbaan om die aarde is.

Mens kan voortdurend sien presies waar die IRS in sy wentelbaan om die aarde is.

Van die bemanningslede bly tot ‘n jaar op die ruimtestasie. Die bemanning van Ekspidisie 46 word gelei deur Kommandeur Scott Kelly, tweelingbroer van ruimtevaarder Mark Kelly, man van die verteenwoordiger in die Amerikaanse Kongres (2006 – 2012) Gabrielle Giffords wat in 2011 in ‘n sluipmoord-aanval in haar kop geskiet is en die aanval oorleef het, maar breinbeserings opgedoen het en sukkel om te praat. Sy is nou ‘n kampvegter vir vuurwapen-beheer in Amerika.

Expedisie 46 se bemanning wat tans op die IRS is, is (van links) Kommandeur Scott Kelly en vlugingenieurs Mikhail Kornienko, Sergey Volkov, Timothy Peake, Timothy Kopra en Yuri Malenchenko. Foto: Robert Markowitz

Hier is enkele foto’s van die Aarde wat uit die ruimtestasie geneem is.

Die Bahama-eilande vanuit die ruimtestasie

Die Bahama-eilande vanuit die ruimtestasie

Ruimtevaarders buite die ruimtestasie

Ruimtevaarders buite die ruimtestasie

‘n Ruimtevaarder op ‘n ruimtewandeling buite die ruimtestasie

‘n Ruimtevaarder op ‘n ruimtewandeling buite die ruimtestasie

Lees meer oor die Internasionale Ruimtestasie.