Selfs die fikste mens kan weens hoogtesiekte sterf

Selfs die fikste mens kan weens hoogtesiekte sterf


Hoogtesiekte (altitude sickness), oftewel akute bergsiekte (acute mountain illness) kan enige mens tref, selfs die heel fikste mens wat ‘n bergpiek bó 3000m bo seespieel klim. Bokant 3000m bó seevlak bevat die lug 16% suurstof en nie meer 21% soos by seevlak nie, en behoort ‘n Suid-Afrikaner net 300m tot 500m per dag te styg om die liggaam kans te gee om by die dunner lug aan te pas en só te akklimatiseer.

Enige hoogte bó 3000m kan tot hoogtesiekte ly. Die simptome is baie soos dié van griep met onder meer naarheid, duiseligheid, hoofpyn, asemhalingsprobleme.

In Gesondheid op RSG, het Marí Hudson met dr. Morné Vorster, van die department pulmonologie van die Universieit van Stellenbosch se mediese skool, gesels oor hoogtesiekte na aanleiding van die onlangse dood van Gugu Zulu op Kilimandjaro en Marisa Strydom op Everest.

Luister hier na die volledige program.

Hier is ‘n paar interessante feite oor hoogtesiekte:

  • Die lugdruk in ‘n vliegtuig is dieselfde as die lugdruk op 2400m.
  • Die persentasie suurstof by 8000m (die doodsone op Everest) is 20% van 21%, dus 4%, en dit is nie vereenselwig met lewe nie.
  • Met minder as 16% suurstof in die lug, gebeur daar ‘n paar dinge in die liggaam. Die liggaam begin vog terug te hou, wat die brein dan laat swel. Hoe meer die brein swel, hoe meer duiselig en naar voel die persoon en die breinswelling belemmer later besluitnemingsvermoë sodat selfs fikse mense op die berg verkeerde en irrasionele besluite neem soos om tot die piek van Everest te klim al weet hulle hul het nie genoeg suurstof om weer tot laer as die doodsone te daal nie. Voorts tas die gebrek aan suurstof die longe aan en kan die persoon beswaaarlik asemhaal.
  • Mense wat Everest klim, klim daagliks sowat 300 – 500m op, en dan weer af om te oornag, dan die volgende dag weer 500 m op om te oornag. Dan weer 300 – 500 m  en weer af, en so gaan dit aan. Alles om die liggaam te help om by die laer suurstofvlakke in die lug aan te pas.
  • Tserpas is deur die jare geneties aangepas om maklik op hoë hoogtes te lewe: hul skei meer van die hormoon eritropoïetien (EPO) af, wat die produksie van rooibloedselle stimuleer sodat die bloed meer suurstof kan dra. Hulle kan dus op hoër hoogtes lewe. Dit is die middel wat Lance Armstrong en baie ander fietsryers gebruik het om hul uithouvermoë in die Tour de France onwettig te verbeter. Die Tjerpas ontwikkel ook pulmonale hipertensie wat beteken dat meer suurstof hulle longe ingedwing word. As hulle egter op seevlak beweeg met pulmonale hipertensie, sal hulle harte baie swaar trek.

#  #  #  #

23 Mei 2016
Everest is onvoorspelbaar en gevaarlik
‘n Suid-Afrikaans-gebore Australiese bergklimmer, Marisa Strydom, het die naweek op Everest weens hoogtesiekte gesterf.

Berg Everest is die wêreld se hoogste piek op 8848m en daarom wil avonturiers dit ‘oorwin’. Maar dit is lewensgevaarlik. Die bergklimmers moet immers die “Zone van die Dood” – waar slegs 20 – 30% van die gewone 21% suurstofkonsentrasie beskikbaar is – aandurf. Dit beteken dat slegs sowat 4% van die lug wat jy inasem, suurstof is, en dit is nie versoenbaar met lewe vir mense (soos sommmige Tserpas) wat nie baie spesifiek by dié omstandighede aangepas is, nie. Selfs dié met suurstofsilinders kan nie waag om langer as enkele ure in die zone te verwyl nie.

Dr Marisa Strydom en haar man Rob, ‘n maand gelede in Nepal afgeneem net voor hul met hul aanslag op Berg Everest begin het. Foto: Facebook

Marisa Strydom en haar man Rob Gropel, ‘n maand gelede in Nepal afgeneem net voor hul met hul aanslag op Berg Everest begin het. Foto: Facebook

Marisa Strydom en haar man, Rob Gropel, in Nepal.

Marisa Strydom en haar man, Rob Gropel, in Nepal.

Baie klimmers het hulle al misgis, want teen die tyd dat hulle die Doodszone binneggaan, is hulle breine al aangetas deur die gebrek aan suurstof. Die gaan gepaard met breinswelling, erge hoofpyn, naarheid, disorientasie, en verswakte oordeelsvermoë.  Van die klimmers neem dan irrasionele besluite, soos om voort te klim, wanneer hulle eintlik moet terugdraai. Die gevolg: dele van die berg is met lyke besaai. Die lyke bly op die berg omdat dit selfs vir die Tserpas te gevaarlik is om die lyke te verwyder.

Enkele feite oor Everest:

  • Die hoogste piek is 8848m hoog
  • Die suurstof konsentrasie by die piek is 30% van die konsentrasie by seespieel en nie geskik vir lewe nie.
  • Enige hoogte bo 8000m word beskou as Zone van die Dood, omdat mens nie sonder suurstofsilinders daar kan lewe nie. Selfs met suurstofsilinders kan mens net beperkte tyd in die zone spandeer.
  • Meer as 280 mense het reeds op Everest gesterf – dit is 4 uit elke 100 klimmers.
  • In pogings om aan te pas by die lae suurstofvlakke, klim klimmers van een basiskamp na die volgende, en dan weer terug en dan weer op.

Enige een wat die berg aanduf, moet bereid wees om alleen te sterf voordat hulle een tree uit die basiskamp gee.

everest-graphic

Everest vanaf die suidehang

Everest vanaf die suidehang

Kyk na die video oor die Zone van die Dood.

Screen Shot 2016-05-23 at 2.47.46 PM

Kyk na die video oor Hoogtesiekte: http://www.smh.com.au/national/health/what-is-altitude-sickness-causes-symptoms-and-treatment-20160522-gp16i5.html

Lees meer oor Marisa Strydom. Haar liggaam is dae ná die ongeluk per helikopter van die berg verwyder. http://www.news.com.au/travel/travel-updates/incidents/australian-woman-dies-on-everest-descent/news-story/eac19ea383cff89febc2a0c26786a906

Kyk na die ongelooflike Discovery Channel reeks oor Everest, genaamd Everest – Beyond the Limit. Hier is seisoen 1, episode 1.

Lere op Everest
Op verskeie plekke op Everest, is daar lere oor diep afgronde. As jy hier val, is dit verby met jou.

700d3866768a1b3d141482a1fcbd0c4016

Die leer oor die diep afgrond by die Khumbu Icefall op Everest.

Die leer oor die diep afgrond by die Khumbu Icefall op Everest.

Die Hillary trappe
Weens die groot massas klimmers wat in die kort tydperk wat dit relatief veilig is om die berg aan te durf, die Hillary Trappe (foto’s hieronder) wil gebruik, is daar dikwels ‘n ‘verkeersknoop’ by die trappe, waar klimmers een-een moet oor. Terwyl mens wag, kan jy ook vriesbyt en hipotermie opdoen en die laaste van jou Klik hier om na die deel van die klimtog te kyk.

18-hillary-step

630248

 

Lees meer oor tien van die bekendste lyke op die berg: http://rdwind.blogspot.co.za/2016/05/10-famous-shocking-mount-everest-death.html

Waar het die byna 300 klimmers gesterf?

Waar het die byna 300 klimmers gesterf?