Gee my net ‘n bietjie ruimte – skakels na die buitenste ruimte


Hiermee ‘n paar foto’s vanuit die buitenste ruimte wat ons oog gevang het.

Daar was hierdie onploffing op die oppervlak van die son wat byvoorbeeld die aarde sou verswelg het. Die Hubble teleskoop het die “Twin Jet Nebula” afgeneem. Hierdie foto van 67P/Churyumov-Gerasimenko wys die komeet in ongelooflike detail. Nog ‘n lekker Hubble kiekie is hierdie ene van WR 124 en die nebula M1-67 wat ‘n skamele 15 000 ligjare van ons af is.

Hierdie oulike animasie wys die maan soos wat dit om die aarde, meer as ‘n miljoen kilometer na onder, wentel. Laastens is daar hierdie fotos van die Lagoon Nebula bestaande uit warm, gloeiende wolke gas.

Onthou om Sondagaande – 19:40-20:00 in te skakel op Sterre en planete met Hennie Maas.