Geëmansipeerde voertuie


Na die aanvanklike opwinding rondom drywerlose voertuie raak die fenomeen geleidelik vreemder.Verskeie etiese implikasies rondom die moontlike werking van dié voertuie kom aan die lig. Die trajek van dié debat versnel met die jongste bydrae deur oud-Google ingenieur Mike Hearn wat daarna verwys as geëmansipeerde voertuie wat  – glo dit as jy wil – kinders sal kry. Ja-nee, die toekoms is nie meer wat dit was nie. Lees verder.