Het die OB buite haar magte opgetree oor die Reserwebank?


Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkwebane het aanbeveel dat die Spesiale Ondersoekeenheid R1,1 miljard van Absa moet verhaal. Mkwebane het die media gisteroggend in Pretoria toegespreek en, onder meer, bevind dat die Suid-Afrikaanse regering fouteer het deur nié die geld van Absa te probeer terugkry nie. Sy sê die Spesiale Ondersoek eenheid moet R1,1 miljard aan staatsfondse terug kry, wat ontwettig aan Absa se voorganger Bankorp gegee is. Vir meer hieroor, praat ons met die direkteur van die nie-regerings organisasie, Accountability Now advokaat Paul Hoffman. [Anita Visser] https://iono.fm/e/443747

Suid-Afrika moet nou saamstaan om die Reserwebank se politieke onafhanklikheid te verseker. So maan ‘n ekonoom van die Noordwes Besigheids skool, Prof. Raymond Parsons. Parsons sê die Openbare beskermer se jongste aanbeveling dat die parlement die grondwet moet verander, sodat die mandaat van die Reserwebank verander kan word, is ‘n baie gevaarlike voorstel. Parsons sê ekonomiese transformasie moet op ander gebiede van die ekonomie plaasvind. https://iono.fm/e/443920

Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se ondersoek na Reserwebank-reddingsboeie, en haar opdrag dat die Spesiale Ondersoekeenheid meer as R1,1 miljard van ABSA verhaal, het ‘n merkbare uitwerking op die rand gehad, wat in ‘n stadium bo R13 teen die dollar verhandel het. Ons praat nou met Dawie Roodt, die hoof-ekonoom van die Efficient groep. Volgens hom kan dié verslag ‘n politieke en ideologiese aanval wees op die land se ekonomie. https://iono.fm/e/443815

Intussen is verskeie regs- en politieke kenners van mening dat die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, nie by magte is om ‘n demokratiese verkose parliment, opdrag te gee om die grondwet te verander, sodat die mandaat van die Reserwebank verander kan word nie. Professor Erwin Schwella van die Stellenbosch Universiteit se departement Openbare leierskap sê die Openbare beskermer het tydens haar mediakonferensie dit duidelik gemaak hoe sy haar pos as beskermer gaan benader. https://iono.fm/e/443921