Het jy ‘n boorgat? Dan is daar baie dinge wat jy moet weet!

Het jy ‘n boorgat? Dan is daar baie dinge wat jy moet weet!


As mens ‘n boorgat op jpu erf of grond het, kan jy jou tuin natmaak nes jy wil al is daar waterbeperkings. Of kan mens? Kom luister wat sê Deon Moore van Cape Drilling oor boorgate, die wetgewing en regulasies rondom boorgate, volhoubaarheid en veel meer.

Spits jou ore vir Oggend op RSG.

Hier is agtergrond-inligting

Wat is ‘n boorgat?
’n Diep nou gat in die grond wat so gekonstrueer moet word dat dit aan seker wetlike vereistes voldoen.

Hoofsaak: Ontginning van ondergrondse waterbronne.

SABS of soos neergelê in DWARF se Regulasies.

Foto: Die boormasjiene is groot en indrukwekkend

Video: Dis wonderlik as water raakgeboor word

 

Wat sê die wetgewing?
Willie Enright, Ingenieur van Wateright Consulting cc, is tans betrokke by die verifikasie van die wettigheid van uitgeoefende watergebruiksregte. Hy sê:

Boorgate as sulks word nie beheer nie maar die ontrekking van water daaruit. Voor 1998 was gebruik van boorgatwater nie beheer nie.
Water kan volgens die Nasionale waterwet van 1998 onttrek word vir Skedule 1 gebruike sonder goedkeuring. Dit is o.a. Erde vir basiese huishoudelike waterbehoeftes, ‘redelike’ tuin vir nie-kommersiële doeleindes, veesuiping. Ongeveer ‘n half hektaar word hiervoor aanvaar.

Dit is hoekom mense water uit boorgate in dorpe en op plase kan onttrek vir genoemde gebruike. Groot tuine of ‘landscaping’ soos by wynkelders, ‘malls’, sportgronde, golfbane het wel formele goedkeuring nodig.

Sommige munisipaliteite (soos Kaapstad) het verordeninge dat boorgate by die munisipaliteit geregistreer moet word. Dit is vir interne beheer (soos tydens waterbeperkings) of om data in te samel vir beplanning van eie watervoorsiening. Gebruike soos hierbo genoem moet steeds lisensies by dept Water en Sanitasie kry vir addisionele onttrekking na 1998.

Nuwe besproeiing met grondwater soos op plase moet goedkeuring kry by Water en Sanitasie. Aansoek kan ingedien word voor boorgate geboor word mits ‘n geohidrologiese verslag ingedien word.

Daar is heelwat ongemagtigde ontwikkeling weens foutiewe of onvolledige advies.

Luister Maandag na Oggend op RSG vir hierdie bespreking.

Hoe werk dit vir boere?
Deon Moore deel sy insigte:

  • Jy kan nie aansoek doen om ’n ding wat jy nie het nie, m.a.w. jy moet eers boor.
  • Dan moet ’n impakstudie gedoen word. (± R 750 000.00). Dis ‘n grys area.
  • Net sekere konsultante het die “kundigheid” om die projekte te doen.
  • Swartbemagtig is ’n vereiste.
  • Ná hierdie stappe en nadat enorme koste aangegaan is, is dit nog nie te sê jy kan die bron ontgin nie.
  • Nou het Waterwese die spertyddatum geskuif en as lugfoto’s wys jy het nie grond onder besproeiing gehad voor 1984 nie, dan het jy nie vergunningsgebruik uit jou eie boorgat.

Die wetgewing is volgens Deon onvanpas: Boerderytegnieke het verander, plase het eienaars verwissel en daar is skielik markte vir produkte wat op swakker grond aard, m.a.w. dit is sinnelose wetgewing wat niemand bevoordeel nie, nie eers die Staat nie in ’n wêreld waar voedsel sekerheid ’n faktor word.

Ontginning van ondergrondse waterbronne
Ondergrondse water raak net ouer, m.a.w. daar is nie ’n aanvul van ondergrondse water nie.

Reënval syfers raak kommerwekkend laag, daar word al hoe meer op die grondwater gekonsentreer wat hier nie is nie.

Al reën dit 1000 mm die seisoen, sal dit die ondergrondse water nie noemenswaardig aanvul nie. Dit is omdat droogte bring mineralisering van grond, wat ‘n buffer vorm sodat die water nie in die grond insak nie. Al wat help is dat boorgate minder gepomp word en water van hoogliggende gebiede kans kry om laagliggend gebiede aan te vul.

Slegs in ’n baie klein presentasie boorgate is die omstandhede ideaal en van so ’n aard is dat die reënwater baie vinnig deursyfer tot in die ondergrondse water.

As ons kyk na die groot persentasie vlak boorgate wat opdroog en deur hoe baie droë geologiese breuke daar deurgeboor word, is die skrif aan die muur – herwinning is al oplossing.

Die VSA en die meeste Europese Lande het wetgewing in plek dat geen bogrondse water ontgin mag word nie. Die boorgat-voering moet alle water afsny en slegs rotswater mag ontgin word. Die goeie gevolg daarvan is sigbaar in hulle stygende bogrondse watertafels. Wat op die lange duur weer die dieper water aanvul en aardverwarming teenwerk. In die Kaapprovinsie is daar ‘n massiewe ondergrondse sponsgebied wat weer kan gevul word, maar dit gaan ongelukkig nie vanself gebeur nie.

Redes: Boerdery – Tradisionele sloot- of loopgraaf-natlei is uit, mikro- en alle waterbesparing tegnieke word ingespan. Met die tradisionele boerdery was baie minder bome per hektaar aangeplant en leiwater het weer pad teruggevind na ondergrondse bronne. ’n Volhoubare siklus jaar na jaar, maar onprakties vandag waar surplus gronde ekonomies ontgin moet word.

Kontoere
Modernisering van masjinerie het ’n groot rol gespeel om kontoere hoog uit die berge te maak, waar water dan gepyp word na opgaardamme. Dit moet daar wees, maar dit veroorsaak dat water so vinnig afloop en gewoonlik na damme toe wat gebou is om nie te lek. Die hoofrede is dat fonteine opdroog en natuurlike habitat uitsterf.

Mineralisering
Alle water bevat minerale, maar as water uit die minerale uitgetrek word (soos tydens droogtes), verhard dit en vorm ’n bufferlaag wat byna soos betion raak en dan nie water deurlaat vir aanvulling nie.

Boorgatwater versout as gevolg van mineralisering omdat dit uitgeput raak.

Geskiedenis
Tradisionele area waar boerderye in die 1960 ’n verandering ondergaan het deur Eskomkrag te kry, was die boorgate se gemiddelde dieptes daardie jare ongeveer 40m, soos die tyd verloop het, het boorgate al hoe dieper geraak en 200m boorgate is in die orde van die dag.

Elke boorgat is uniek, rotsformasie verander en het sy eie persoonlikheid.

Die goeie reënjare kan duidelik in sekere boorgate se rotsformasie gesien word. Die duidelike kleurverskil in die formasie is soos die minerale af geloog het in lang nat tydperke en swaarder kwartslae in droër tydperke is sigbaar.

Besparing of herwinning?
Cape Drilling monitor ’n hele paar boorgate waar ons dakwater en damme in oorvloedwater laat kanaliseer in boorgate in.

Dit is ’n eenvoudige en goedkoop proses en sorg moet net gedra word dat geen besoedelde water in boorgat ingelaat word.

Resultate
Water se kwaliteit en kwantiteit het baie verbeter – onthou vars water word nou ge-oes en gestoor.

Dit is ’n sinvolle ekonomiese manier om grondwater aan te vul.

Lewensvatbaarheid
Staat moet rompslomp-wetgewing uitskakel en wetgewing in plek kry om boorgatwater-verbruikers te verplig om water te herwin in boorgate. Dit is ’n wen-wen situasie vir almal en die belangrikste vir Moederaarde.

Verstedeliking
Miljoene mense het die afgelope jare wêreldwyd verstedelik. M.a.w. waterverbruik en watersuiwering het ’n probleem geraak. Maar daar is heelwat boere en instansies wat voordeel trek uit die gryswater teen ’n prys.

Miljoene kiloliters water hardloop elke jaar van teerpaaie, plaveisel en geboue weg see toe – in Kaapstad se geval loop water so vêr as Bellville en Stikland see toe. M.a.w. ons praat van rampbestuur, water moet so vinnig as moontlik verplaas word. Daardie water kan na kofferdamme gepomp word en weer terug gepomp word na die opgaardamme. Dis ’n massiewe taak maar haalbaar.

Boorgatwater
Eerstens moet die kliënt se behoeftes vasgestel word. Boerderye water is gewoonlik groter diameter boorgate en ook baie dieper en daar kyk ’n mens na geologiese verskuiwings of verskillende formasies se kontakpunte. Die gebiede is gewoonlik sponsagtig en is poreus met ondergrondse gange en kamers wat ook waterbreuke genoem word.

Huisbewoners se water gebruik is heelwat minder en daar moet die verhouding van krag tot waterverbruik ook inaggenome word. Dit moet ’n wenkombinasie word.

Boorgate is gekoppel aan area-water, en die Kaap-omgewing het ‘n komplekse geologiese samestelling.

Volhoubaarheid
Vroeër jare was maksimum water uit boorgate getrek. Met nuwe bekostigbare tegnologie word omtrent 50% van die boorgat se water onttrek. Die slim stelsels monitor die hoogtes van water bo die pomp en sal self die motorspoed verhoog of verlaag, wat weer die waterlewering reguleer. Dit beskerm die waterbron.

Dorpsboorgate
Daar sal moet duidelik gekyk word of boor kontrakteurs aan die vereistes voldoen om wel ’n boorgat te boor. ’n Boorgat kan net reg geboor word, anders stel dit jou, jou direkte bure se eiendom in gevaar.

Sinkgate en ander verskuiwings kan plaasvind as water nie uit rots ontgin word nie en kan die direkte oorsaak wees dat jou of die area se boorgate besoedel of tot niet gaan. Dis ’n baie gevoelige punt en miljoene rande word gemors as gevolg van onervare boormanne.

Boormasjien
Dis ’n masjien wat met die doel ontwerp is om die nou diep gate in die grond te boor. Ongelukkig bou mense vinnig ‘n goedkoop boor met beperkte kapasiteit en dan noem hulle dit ’n boormasjien. Nou veralgemeen hulle water dieptes wat hulle “boormasjien” kan akkommodeer. M.a.w. met die eerste sig water (water tussen kleilae) is die gat ’n suksesvolle boorgat. Ongelukkig droog die bron baie vinnig op en die water is gewoonlik hoog aan skadelike minerale.

Die prys aan die boorgate is gewoonlik te goed om te glo, maar die oningeligtes aanvaar die “gesoute boorman” ken sy storie. Soos baie kan getuig, verdwyn die sogenaamde ‘gesoute kontrakteur’ dan gou weer.

Goeie volhoubare water is dieper water en dit is die ideale boorgat.

Laastens ’n boorgat is lewende bron van lewe, verskaf lewe, onderhou lewe en is die toekoms, sonder water is ons niks, behandel met respek en eerbiedig elke druppel van lewe.